'Toks & Tjops' se gewilde aanbieder word 'n "wonderwerk-baba" ryker

'Toks & Tjops' se gewilde aanbieder word 'n "wonderwerk-baba" ryker

Daar is binnekort nog 'n persoon op die 'Toks & Tjops'-stel. 

Janina Oberholzer
Instagram/ Janina Oberholzer

Die mede-aanbieder van die gewilde kykNET-program, 'Toks & Tjops' se Janina Oberholzer het Dinsdag die nuus gedeel dat haar "wonderwerk-baba" oppad is. 

LEES: KYK: Shaleen Surtie-Richards maak laaste buiging

"Ons het vir 'n rukkie 'n klein geheim gehou. Ons ontmoet ons wonderwerk-baba vroeg volgende jaar. Ons is vreeslik opgewonde om ons name na Ma en Pa te verander," het Oberholzer op Instagram geskryf. 

LEES: Heléne Lombard: Van TV-feeks tot 'Boerediva'

In 'n onderhoud met kykNET, het Oberholzer genoem dat hulle bitter lank vir hierdie oomblik gebid het. 

"Ek wou al lank die nuus verklap, maar het eers net hierdie hoofstuk saam met Ryno, geniet."

LEES: Frank Opperman gesels oor nuwe reeks, 'Nêrens, Noord-Kaap'

Sy en haar man, Ryno, is sedert Februarie 2015 getroud. 

Oberholzer het ook aan kykNET genoem dat sy fantasies voel, en bitterlik dankbaar is.

Oberholzer het die wonderlike nuus op sosiale media gedeel. 

Hul baba word in Februarie 2022 verwag. Die paartjie wil nog nie die geslag van hul baba verklap nie. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Instagram/ Janina Oberhozler

Show's Stories