Suid-Afrikaner uiteindelik uit Kaboel ontruim

Suid-Afrikaner uiteindelik uit Kaboel ontruim

Nicky Venter het met Rian van Heerden gesels nadat die Verenigde Koninkryk hom en ander kollegas uit Afghanistan ontruim het. 

Nicky Venter
Verskaf

Nicky Venter, 'n Suid-Afrikaaner wat in Kaboel woon en werk, het vroeër in Augustus, ‘n pleidooi aan die Suid-Afrikaanse regering gerig om hom en sy mede-werkers uit die stad te ontruim.

LEES: LUISTER: ‘Die Taliban is voor ons hotel’ - Suid-Afrikaner in Kaboel pleit soos skote klap

In die ekslusiewe onderhoud met die Scenic Drive met Rian vanuit Kaboel, het Venter erken dat dinge lelik gedraai het. “

“Hulle het al die twee hotelle langs ons oorgevat, en ons het kontak gemaak met die Suid-Afrikaanse ambassade in Pakistan omdat Afghanistan onder hulle val. Ons wag vir terugvoer,” het Venter aan die span genoem. 

LEES: Daniël Lötter gesels oor die 'Ware Spook Verhale van Suid-Afrika'

Die Departement van Internationale Betrekkinge beweer dat geen Suid-Afrikaner aangedui het dat hul hulp benodig het nie.

Verskeie ander lande het hul burgers uit Afghanistan ontruim na die militante groep die regering oorgeneem het.

LEES: Joernalis se verhouding met Krugersdorp-reeksmoordenaar eindig

Laasweek het Venter 'n opvolg stemboodskap aan die span gelos waarin hy noem dat die Verenigde Koninkryk hom en ander kollegas ontruim het uit Afghanistan. 

Venter is tans in Manchester en het met die Scenic Drive-span gesels. 

"Ons was in beheer van sekuriteit by een van die hotelle in Afghanistan."

Op die oomblik is Venter veilig. 

"Ek is okei. Die Britte het ons gered net om die hotel oor te neem." 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf

Show's Stories