SKRYF IN! Neels van Jaarsveld is opsoek na liefde

SKRYF IN! Neels van Jaarsveld is opsoek na liefde

Is jy ouer as 21 en opsoek na liefde? Wel, dan is jy op die regte plek, want bekende akteur Neels van Jaarsveld is reg om liefde te vind. 

Neels van Jaarsveld
Neels van Jaarsveld/ Gillian Coetzee van Gillian Photography Design

Raak die afsprake met paddas wat nooit in prinse verander nie, net te veel? Dan is jy dalk die perfekte pasmaat vir een van Suid-Afrika se gewildste akteurs. 

LEES: Stiaan Smith, Elani Dekker gesels oor 'Toorbos' - Suid-Afrika se inskrywing vir die 2021 Oscars

'OP MY EISH' is ‘n splinternuwe, vars en opwindende realiteitsprogram waar kykNET jou moontlik aan ‘n aantreklike, suksesvolle en bekende man kan voorstel. 

Die man is Neels van Jaarsveld! En hy is reg om liefde te vind met die regte pasmaat.

Indien jy (voltyds) beskikbaar is van die 18de Januarie 2021 tot die 12 Februarie 2021, kan jy hier inskryf.

Show's Stories