'Op My Eish!' se Dorianne is verloof aan haar prins!

'Op My Eish!' se Dorianne is verloof aan haar prins!

Na haar reis in 'Op My Eish!' het Dorianne Prince kort daarna ware liefde in die arms van 'n prins gevind. 

Op My Eish! Dorianne Prince
Verskaf/ kykNET/ Dorianne Prince en haar verloofde Ruan Groenewald

“Soms moet jy deur deure stap om by die regte geleenthede uit te kom.” Só sê Dorianne Prince wat Donderdagaand in kykNET se maatsoekprogram 'Op My Eish!' huistoe gestuur is.

LEES: Evita Bezuidenhout en Carika Keuzenkamp ontvang COVID-19-inentings

En dit was duidelik nie die einde van haar liefdesverhaal nie! Kort ná haar tydjie in Hermanus in Februarie, het Dorianne verloof geraak aan ’n baie goeie vriend. En sy kan nie uitgepraat raak oor hoe gelukkig sy is nie! 

Gedurende die inperking het sy en Ruan Groenewald vriende geword.

“Aan die begin was dit meer aanlyn as in persoon, waarna ons meer tyd saam spandeer het oor naweke. Die dag wat ek laat weet het dat ek huistoe gestuur was, is die dag wat hy besluit het om die kans aan te gryp om meer as net vriende te word. Hy't my kom verras en sommer met die intrapslag my pa ontmoet,” vertel sy opgewonde.

LEES: Nuwe paartjie maak 'n draai in 'Suidooster'

Die paartjie het mettertyd meer tyd saam spandeer en op 9 April 2021 het Ruan die jawoord gevra.

“Dit was en sal altyd ’n ongelooflike spesiale oomblik vir my en hom wees. Die liedjie Trouvrou van Brendan Peyper is ‘ons liedjie’, wat gepas is omdat ons dames dit heeltyd in Hermanus geluister het,” vertel sy.

Op My Eish! Dorianne Prince
Verskaf/ kykNET/ Dorianne Prince en haar verloofde Ruan Groenewald

Die paartjie haak in Augustus vanjaar in die Koue Bokkeveld naby Ceres af.

Dorianne was vir agt jaar enkellopend en het in Desember 2020 gevoel haar hart gaan oop vir die moontlikheid van liefde.

“Die oomblik toe ek die program gesien het, het ek besluit om op die water uit te stap en ’n kans te vat. Dit kos waagmoed om die onbekende aan te durf. Soos hulle sê: ‘Wie nie waag nie sal nie weet nie’,” sê sy. 

LEES: Tatoe-kunstenaar laat duisende gons in 'Karakter'

Dorianne is nie die enigste een wat Neels van Jaarsveld huistoe gestuur het nie. Die ma van een Lizelle, moes ook haar tasse pak. Sy vertel sy was hartseer, maar nie hartgebroke nie. “Alles gebeur vir ’n rede. En ek het wonderlike herinneringe en nuwe vriendskappe gemaak,” vertel sy. 

LEES: "Jy was ons rots" - Je-Ani Swiegelaar bring hulde aan haar geliefde TV-pa

En het Lizelle al iemand spesiaal ontmoet? “Wel… daar is ’n spesiale iemand wat my lewe vul met geluk en liefde,” vertel sy geheimsinnig. 

'Op My Eish!' is elke Donderdagaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ kykNET

Show's Stories