Martin Bester gesels oor splinternuwe enkelsnit 'Anders'

Martin Bester gesels oor splinternuwe enkelsnit 'Anders'

Sanger en aanbieder van Breakfast with Martin Bester op Jacaranda FM gesels oor sy splinternuwe enkelsnit, 'Anders'.

Martin Bester
Verskaf/ Martin Bester

Bester vermaak al vir jare gehore regoor Suid-Afrika, nie net as bekroonde omroeper nie, maar ook as musikant. 

In 2019 kon gehore nie genoeg kry van sy treffer 'Konings' nie. Die liedjie het ook die top posisie op die SA Top 20 gehaal. 

Dié liedjie was juis geïnspireer deur die nostalgie van vakansies by die see.

LEES: Nataniël gesels oor inperking, nuwe projekte en gewigverlies

Die aanbieder van Breakfast with Martin Bester se splinternuwe enkelsnit, 'Anders' is hier!

Met ’n onderliggende boodskap aan boelies wat so deel is van vandag se samelewing, vertel Bester dat hyself ook nie soos enige iemand anders klink nie - en dat dít juis is hoe hy daarvan hou. 

“Ek wil hê my musiek moet so anders wees soos wat ons as mens is, en ek glo ons het met 'Anders' daarin geslaag,” het hy vertel.

Show's Stories