KYK: 'Boer Soek 'n Vrou' se 15de seisoen se top-10 boere!
Updated | By The Afternoon Drive
Die aftel na die vyftiende seisoen van een van Suid-Afrika se gewildste werklikheidsreekse het afgeskop met kykNET se
onthulling van 2023 se tien boere vir 'Boer Soek ’n Vrou'.
Vanjaar se oes van deelnemers se ouderdomme wissel tussen 26 en 50, en die boere verteenwoordig ses provinsies. Daar is ook wéér een vroulike boer, Cherié van Herbertsdale, onder die top-tien boere. Diegene wat vir een van die top-tien boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 28 Julie ingedien word.
KYK: Caster Semenya verwelkom tweede pienkvoet
Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:
- Skryf in op kykNET se webtuiste by www.kyknet.tv
- Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
- Stuur ’n e-pos na [email protected]
- Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom.
Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per kourier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse:
- Boer Soek ‘n Vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes, 7129 - 11 Coronation-laan Somerset-Wes , 7130.
KYK: Charlize Theron wys wat na-ure by Uma Thurman se huis gebeur
Marciel Hopkins bied vir ’n derde keer 'Boer Soek ’n Vrou' aan, en dié maatsoekreeks sal van Januarie 2023 op kykNET uitgesaai word. Kykers sal dan die boere se liefdesreis kan volg en ouder gewoonte sal die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.
Hier is 2023 se tien boere:
Cherié, 34 Herbertsdale, Wes-Kaap
Boerdery: Gemeng & kleinvee
David, 31 Augrabies, Noord-Kaap
Boerdery: Tafeldruiwe & sitrus
Francois, 50 Oudtshoorn, Wes-Kaap
Boerdery: Gemeng & volstruise
Hennie, 35 Moorreesburg, Wes-Kaap
Boerdery: Graan & merino
Kotie, 43 Harrismith, Vrystaat
Boerdery: Gemeng, saai & beeste
Louis B, 26 Ottosdal, Noord-Wes
Boerdery: Saai & beeste
Louis M, 26 Mabula-area, Mpumalanga
Boerdery: Wild
Philru, 26 Petrus Steyn, Vrystaat
Boerdery: Beeste
Rampie, 29 Modderrivier, Noord-Kaap
Boerdery: Jag, wild & boerbokke
Riaan, 40 Nigel, Gauteng
Boerdery: Saai
Skakel in op die 'The Afternoon Drive', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af:
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 3 months ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 3 months ago