KYK: 'Binnelanders'-akteur Hykie Berg word pa op 44
Updated | By Scenic Drive with Rian
'Dr.Conrad Bester' van 'Binnelanders' verruil binnekort sy termometer met doeke.
Hykie Berg is 'n gesoute akteur en beslis geen vreemdeling op die Suid-Afrikaanse kleinskerms nie.
Hy het in 2000 sy televisiedebuut in die gewilde jeugreeks 'The Res' gemaak en in 2004 het hy die rol van 'Darius du Buisson' in die televisiereeks 'Egoli: Place of Gold' vertolk.
LEES: “Dit was lekker, maar nou is dit klaar” - Rian van Heerden
Benewens sy ongelooflike akteurwerk, het Hykie in 2018 'n skrywer geword waar hy die boek 'Hykie Berg: Ultimate Survivor' gepubliseer het. Die boek handel oor sy dwelmverslaafde lewe en byna dood op sy hoogtepunt in toneelspelloopbaan, waar hy uiteindelik daarin slaag om te rehabiliteer en die sukses te behaal ná die tyd.
LEES: Nog 'n 'Boer Soek 'n Vrou'-paartjie verwag 'n pienkvoet
Hykie het saam met sy egmaat Gerridene, met wie in 2020 getroud is, die opwindende nuus van ouers-word aan al drie hul hondekinders gebreek. Hy skerts komies, “Ons het al drie die kinders bymekaar geroep, hulle netjies aangetrek, want ons moet die nuus breek. Dis 'n sensitiewe saak”.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer Op Jacaranda FM
Foto: Instagram
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 3 months ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 3 months ago