'Getroud Met Rugby' se eerste gay troue is 'n bewys van ware liefde

'Getroud Met Rugby' se eerste gay troue is 'n bewys van ware liefde

Die sepie wou die liefde tussen twee mans aan alle Suid-Afrikaners bewys. 

Troue
Verskaf

'Getroud Met Rugby'-karakters, Ryno en Thinus se troue wat op 13 September op kykNET uitgesaai is, was 'n groot oomblik vir Afrikaanse televisie en ook 'n ware toonbeeld van die twee karakters se liefde aan mekaar.  

LEES OOK: Joe Foster herdenk Pulse nagklub aanval met emosionele musiek video

'Getroud met Rugby' skroom nie om verskeie sosiale, maatskaplike en aktuele kwessies aan te spreek nie, dit is wat hulle in sekere opsigte van ander TV-programme onderskei. 

Die sepie wou die liefdie tussen twee mans aan alle Suid-Afrikaners bewys - die een 'n top Rugbyspeler (gespeel deur Adrian Steyn) en die ander 'n prokureer (gespeel deur Arno Marias.)  

Volgens die sepie se woordvoerder, Rudo van Heerden, was Ryno en Thinus se troue nie ‘n doelbewuste besluit om bewustheid rondom LGBTQ te skep nie, maar eerder om ‘n verhaal van twee gewone mense wat hul liefde deur ‘n huwelik verewig, te vertel. 

LEES OOK: ‘So, hier sit ek nou. Ek is gay’ – bekende Suid-Afrikaanse akteur

Kyk hieronder die oomblik waar die karakter, Bibi (gespeel deur Stephanie Baartman), ’n lied vir hulle sing tydens die seremonie wat Deon Opperman spesiaal vir Ryno & Thinus se troue geskryf het. Jannine Neethling het die lied getoonset.

Show's Stories