Gastehuiseienaar bak gewilde soetding vir ekstra inkomste

Gastehuiseienaar bak gewilde soetding vir ekstra inkomste

Ronella de Bruto het net voor die grendeltyd 'n gastehuis gekoop en moes toe dringend ekstra inkomste maak. Haar kreatiwiteit help haar toe met 'n resep vir 'n gewilde soetding. 

Ronella de Bruto
Verskaf/ Ronella de Bruto

 Ronella de Bruto het vir 20 jaar in die Kruger Nasionale Park gewoon en gewerk.

LEES: Ruan Wessels gesels oor sy verhoogstuk 'Plesierengel'

Haar man, Adriaan, was in die Suid-Afrikaanse Polisie Diens (SAPD) en het al die bewysstukke hanteer tussen ondersoeke en hofsake wat te doen het met renosterstropery. 

Hulle het in 2019 besluit om Suidkus toe te trek.

LEES: Gewilde aktrise het 'Troukoors'

Hulle droom was om 'n gastehuis te koop en te bestuur. 

Drie dae voor die grendeltyd, is hulle toe die trotse eienaars van Margate Meander. 

LEES: 'Op My Eish!' - Francois Jacobs is gereed om liefde te vind

"En daar sit ons toe. Deure toe vir meer as agt maande. Ek het op bestellings begin bak vir 'n paar klein winkels en restaurante. Beskuit, biscotti, koekies en vleispasteie vir 'n ekstra inkomste. Ek het agter gekom dat van die koffiewinkels en eetplekkies nie koek of gebakte poedings aanhou nie. Toe begin my kop werk aan 'n idee vir 'n vinnige en maklike gebakte eet ding."

En so is die koek-in-'n-koppie, die Whoopa gebore. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Foto: Verskaf

Show's Stories