Ekologiese grufilm 'Gaia' maak Forbes Top 10-lys as beste riller

Ekologiese grufilm 'Gaia' maak Forbes Top 10-lys as beste riller

'Gaia' is 'n ekologiese grufilm, ’n oorlewingsdrama wat kommentaar lewer oor die politiek van ekologie. Die mensdom wat in staat is om die wêreld te omvorm op maniere wat voorheen onmoontlik was, en gelei deur 'n generasie wat ten volle bereid is om sy eie nageslag op te offer.

Carel Nel 'Gaia'
Verskaf

In die dieptes van die oerwoud is iets aan die groei. Iets ouer as die mensdom self en dalk belangriker ook. ’n Natuurbewaarder ontdek 'n vreemdeman en sy seun wat in die wildernis leef, en daarmee saam ’n geheim wat die wêreld gaan verander.

LEES: Seisoen twee van 'Troukoors' in Mei beskikbaar

Op ’n roetine-patrollie in ’n wildernisgebied ontmoet ’n natuurbewaarder’n kluisenaarpa en -seun wat 'n post-apokaliptiese leefstyl volg. Hulle volg skynbaar hul eie godsdiens in 'n geheimsinnige verhouding met die natuur. 

LEES: Rian van Heerden kuier met Pascal Pienaar in Los Angeles

Vele aspekte van hul bestaan is verdag, maar wanneer hul skuiling een nag deur vreemde, onmenslike wesens aangeval word, besef sy dat daar 'n groter bedreiging in hierdie ontluikende wildernis skuil. 

'Gaia' gaan nie oor 'n liefdevolle aardmoeder nie. Dit is 'n ekologiese grufantasie wat die mens se geskiedenis irrelevant maak.

Akteurs Carel Nel en Alex van Dyk het met Rian van Heerden gesels oor die film 'Gaia'.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

More From Jacaranda FM


Foto: Verskaf

Show's Stories