'Ek is nie 'n man of vrou nie' - Legendariese Soli Philander

'Ek is nie 'n man of vrou nie' - Legendariese Soli Philander

Die legendariese Soli Philander het in die vroeë 2000's Suid-Afrika vermaak met een van ons gunsteling musiek TV-programme 'Liriekeraai.'

The legendary Soli Philander
Jacaranda FM

Vroeër vanjaar, het die legendariese Soli Philander die Scenic Drive-span besoek. Nie net het Philander openlik met die span gesels nie, maar ook bietjie pret gehad. 

Philander was die lewensvreugdige aanbieder van die gewilde program 'Liriekeraai' in die vroeë 2000's op kykET.

LEES OOK: 'Só maak mens!' - Onthou jy nog 'Liriekeraai' met Soli Philander?

Met 'n breë glimlag het Philander van sukses tot sukses gegaan. Maar 'n onsekerheid het sy lewe kom oorneem. 

Na sy egskeiding met sy eksvrou, Toni - het Philander besef dat hy 'anders' is. Hy het op 'n reis gegaan om sy seksuele identiteit te ontdek.

In 'n eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot in 2017, het Philander erken dat hy niebinêr is. Hy het openlik erken dat hy nou verstaan hoekom hy altyd anders was en dit is "oukei". 

As jong seun het mense hom aangespreek omdat hy somtyds teveel soos 'n meisie optree. 

LEES OOK: Soli Philander weighs in on the cursing on Cape Town beaches

Soli Philander het met Rian van Heerden en die Scenic Drive-span gesels oor sy lewe en hoe hy oor niks spyt is nie. "Ek is 'n persoon eerste en nie 'n man of vrou nie. Ek leef my lewe en ek is verskriklik gelukkig," het hy vertel.

"My kinders is my geskenk van God en ek is so dankbaar vir hulle. Hulle is uitsonderlik en kan nie glo hulle is my kinders nie." 

Show's Stories