“Dit was lekker, maar nou is dit klaar” - Rian van Heerden

“Dit was lekker, maar nou is dit klaar” - Rian van Heerden

Die legendariese Rian Van Heerden groet Jacaranda FM na 'n dekade op 30 Junie 2022!

Rian van Heerden
Jacaranda FM/ Kevin Mark Pass

Rian van Heerden het skaars enige bekendstelling nodig, sy suksesvolle loopbaan in die vermaaklikheidsbedryf gaan hom vêr vooruit. Rian is 'n ongelooflike talent, iemand wat 'n storie kan vertel en allerhande emosies kan inspireer. Rian sal verseker 'n nalatenskap agterlaat waarop hy kan trots wees. 

Dié ervare Van Heerden vertel, “In 1992 het ek my eerste woorde op radio, Tuks FM gesê. Nou ,30 jaar later hou ek op met radio'’.

"Toe ek teruggekeer het na Jacaranda FM, het ek nooit gedink om hierdie program vir nog vyf jaar aan te bied nie, dit was 'n geskenk om so baie met Mzansi oor die luggolwe te deel. Radio is en sal altyd een van ons grootste mediums vir kommunikasie bly – natuurlik sal ek dit mis. Aan ons luisteraars, Dankie! Dankie dat julle deur die jare met my ingestem het, gelag, gedeel, gedebatteer, saamgestem het en nie saamgestem het nie. Ek sal daardie egte Suid-Afrikaanse Straatbraai’s en my span mis, maar ek is baie opgewonde om meer tyd en fokus aan my bestaande en nuwe projekte te kanaliseer,”. 

"Ons het gesien hoe sy nuwe restaurant en TV-programme ongelooflike sukses behaal en sal aanhou om sy pogings te ondersteun op enige manier wat ons kan,” het Hennie Myburgh, Jacaranda FM-programbestuurder, in 'n verklaring gesê.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Foto: Kevin Mark Pass

Show's Stories