"Dit is so 'n swaar tyd, maar daar is steeds skoonheid" - Huisgenoot redakteur Yvonne Beyers
Updated | By Scenic Drive With Rian
Huisgenoot se redakteur Yvonne Beyers het met die Scenic Drive-span gesels oor goeie nuus wat nogsteeds in die wêreld plaasvind - ongeag die koronavirus pandemie.
Die wêreld is tans onder geweldige druk - met negatiewe nuus wat mense elke dag moet waarneem.
LEES: Akteur Stian Bam vind liefde
Die Scenic Drive-span probeer elke dag die positiewe sien en het besluit om met Yvonne Beyers - Huisgenoot se redakteur - te gesels om te hoor van positiewe nuus wat sy oor die laaste paar dae waargeneem het.
Yvonne Beyers het telefonies met die Scenic Drive-span gesels.
"Ons kan weer tydskrifte koop in die winkels. Ons is nou weer op die rak - so Vrydag is die nuuste uitgawe op die rak.
"Ons probeer na alle kante kyk van die pandemie. Ons kyk na wetenskap. Ons kyk na geestestoestande. Ons weet regtig nie hoelank dit gaan aanhou nie.
"Ons joernaliste werk van die huis af. As daar 'n storie is waar ons móét uitgaan - dan moet ons dit doen.
"Dit is die eerste keer in Huisgenoot se geskiedenis waar ons van die huis af werk.
"Dit is so 'n swaar tyd, maar daar is steeds skoonheid," Beyers.
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year ago