Dinamiese boervroue pak die droogte aan met spesiale projekte

Dinamiese boervroue pak die droogte aan met spesiale projekte

Die droogte in Suid-Afrika neem die lewens van soveel diere, maar 'n groep boervroue sê 'nee' en pak die droogte aan met spesiale projekte om geld te maak. 

Daisy Donkey Drought
Supplied

Die huidige droogte in Suid-Afrika is een van die ergstes ooit - en duisende boere is hieroor bekommerd. 

Die Scenic Drive-span het besluit om stories te hoor van dinamiese boervroue én ons deel hul verskeie projekte wat verseker om geld in te bring vir kos op hul tafels. 

MAMA'S TOYS

KLIK HIER OM TE ONDERSTEUN

Jolandi Visagie en haar man boer in Calvinia, Noord Kaap. Droogte is al deel van hul dag-tot-dag bestaan. Hul gesprekke word met droogte, voer, en vee vrektes oorheers - tog, gaan dit nog goed met die familie. 

Jolandi en haar man het begin opvoedkundigespeelgoed begin maak, eers net vir geskenke en dit het later in 'n klein besigheid ontaard - Mama's Toys het toe só ontstaan. Die inkomste kan nog nie die diere kos gee nie, maar maak hul huishoudelike-uitgawes makliker.

Mama's Toys
Supplied
Mama's Toys
Supplied
Mama's Toys
Supplied

KOEKIE-PROJEK

ONDERSTEUN SYBIL VISAGIE: 071 256 6795

Sybil Visagie het die 'koekie-projek' twee weke gelede begin in die Sutherland-area. Sy het besluit om emmertjies vol koekies te bak in aanloop tot Kersfees. Volgens haar is daar elke jaar ‘n groot aanvraag vir koekies vir Kersfees. Vroue van ‘n klein dorpie, Middelpost, tussen Clavinia en Sutherland het haar gebel. Hulle het geen bron van inkomste nie en die vroue wou ingryp om die boere te help.

Sybil se man boer met skape en hulle is in die middle van die droogte. Hulle het al geweldig hoeveelhede skape verkoop – hulle het nie ‘n keuse nie. Op die oomblik koop hulle voer in om die skape aan die lewe te hou.

In twee weke se tyd het die koekie projek uit sy nate uit gebars. Hulle is ‘n klomp dinamiese vroue wat deel is van die projek. Hulle wou aanvanklik 400 emmertjies koekies verkoop sodat vroue hulle kragrekenings kan betaal en gas kan koop om die stowe aan die gang te hou.

Hulle het reeds meer as 18 000 emmertjies koekies verkoop en dit is al amper meer as R1,8 miljoen rand. Dit word uitbetaal aan die vroue.

Hulle wil hulle self uit die droogte uit bak.

Koekie-projek
Supplied
Koekie-projek
Supplied

SAVE THE SHEEP

KLIEK HIER OM TE ONDERSTEUN

Hester Obermeyer bly in Sutherland op ‘n plaas en boer met wit-dorpers. 

Save The Sheep is al twee jaar gelede begin nadat ‘n klomp vroue iets wou doen. Sy meen daar is 74 dorpe in nood en hulle wou help.

Hulle het al in 2014 begin met die projek om geld in te samel het vir die voer. 

Daar is twee projekte: Save The Sheep NPC is daarop gerig om fondse in te samel vir voer en vervoer. Dit is geregesteer as ‘n ramp-verligtings-organisasie.

Die tweede deel is Save The Sheep:Sutherland. Dit is die hekel-produk. Daar is vyf vroue wat aan hierdie projek werk. Twee vroue hekel die skapies en die res verkoop dit. Die skapie is nou al laat druk op allerhande produkte soos hemde, bekers ens.

Hulle het oor twee jaar meer as R200 000 ingesamel met net twee vroue wat hekel.

Nadat Sweedse toeriste in 2014 die skapies gesien het, het hulle 50 skapies bestel teen R50 000. Dit geld is toe gebruik om die aanvanklike projek te loods.

Save The Sheep
Supplied
Save The Sheep
Supplied

Daisy Donkey For Drought 

ONDERSTEUN DRIENIE ELLIS-VISSER: 083 825 2060

Die Daisy Donkey For Drought projek het in Garries begin as gevolg van die droogte. Drienie Ellis-Visser is genader deur paar mense wat ‘n projek wou being om die boere in die area te help. Geld word gebruik om voer te koop. Hulle het ook van die boere se kinders se skoolgeld betaal.

Hulle het Augustus vanjaar hulle eerste mark gehou en ‘n groot deel van hulle inkomste uit toeriste gemaak wat die blomme kom kyk het.

Drienie se man is ‘n skaapboer maar hulle het ook bietjie beeste. Drienie meen dit gaan baie swaar en hulle het hulle boerdery omtrent in die helfte moes sny. Hulle voer hulle diere net genoeg om te oorleef en kan hulle glad nie vet voer nie. 

Daisy Donkey Drought
Supplied
Daisy Donkey For Drought
Supplied
Daisy Donkey For Drought
Supplied

ASBOSBYTJIES-PROJEK

KLIEK HIER OM TE ONDERSTEUN

Trudie maak produkte om te verkoop in Van Wijksvlei, in die Noord-Kaap.

Die Asbosbytjies-projek het op die 29ste Augustus begin nadat een van die vroue in die area ‘n angsaanval gekry het. Hulle het besluit om iets te doen om die vroue besig te hou en hulle gedagtes van die droogte af te kry.

Hulle boer so 20 km buite Van Wyksvlei af. Hulle boer met dorper-skape, maar moes hulle kudde afskaal. Hulle boer met minder as die helfte van die skape wat hulle oorspronklik gehad het.

Hulle het toe sewe vroue genader om die projek te begin maar na ‘n ruk het hulle al die vroue in die area genader om betrokke te raak.

Hulle maak houtlepels, oorbelle, naaldwerk, deurstoppers, poppe, gebreide poppies. Hulle het ook ‘n ouma van 86 wat doilies hekel en sleutelhouers maak.

Hulle het ‘n klomp tandartse wat hulle ook help met skenkings. Die tandartse het die Asbosbytjies op ‘n mark gesien en besluit om 10% van sy daaglikse geld wat hy maak aan die Asbosbytjies te skenk.

Hulle het al amper R40 000 ingesamel en die geld word aangewend om voer te koop en mielies aankoop.

Asbosbytjie
Supplied
Asbosbytjies
Supplied

Show's Stories