'Die Hof' beloof om hope drama na die kassie te bring!

'Die Hof' beloof om hope drama na die kassie te bring!

Voormalige polisiespeurder, Advokaat Suzie Gordon van 'Die Hof', sê sy sien uit om meer mense te help en om ’n maatstaf te kan skep waarmee die howe hul produksie kan verbeter.

Advokaat Suzie Gordon
Verskaf/ kykNET/ Advokaat Suzie Gordon

kykNET & Kie se splinternuwe arbitrasie-realiteitsreeks, 'Die Hof', skop vanaand af - en beloof om hope drama na die kassie te bring!

LEES: Ina Bonnette reg vir nuwe hoofstuk na wreedaardige aanval

In 'Die Hof' stel twee partye hul sake aan die Arbiter, waarna sy die gegewe bewyse opweeg en ’n regsbindende besluit neem. Die waarde van elke geskil beloop nie meer as R20 000 nie.

Daar is familielede wat baklei oor geld, ’n verdagte motorwerktuigkundige wat mense inloop en selfs twee plaasboere wat baklei oor die testikels van ’n bul!

LEES: Marion Holm maak verskyning in gewilde sepie

Maar volgens Debby Schulman, vervaardiger van die program, is die lekkerste saak waaraan die span gewerk het, dié van twee vriende van Kaapstad.

“Die twee vriende was kwaad vir mekaar en het daarop aangedring dat hulle nie naby mekaar sit voordat die saak aangehoor word nie. Ons het toe die saak opgeneem en ná die tyd, was dié twee weer hul ou selwers - lekker gelag en langs mekaar gesit op die vliegtug op pad huistoe!” vertel Schulman.

LEES: Pretoria-man bedank werk en stap nou honde vir 'n lewe

Alhoewel hierdie die lekkerste saak was, was daar ook oomblikke waar die vervaardigers behoorlik gesnak het na hul asem. “Daar is gravitas aan die werklike arbitrasies wat jy in jou bors kan voel,” vertel sy.

Voormalige polisiespeurder, Advokaat Suzie Gordon is 'Die Hof' se Arbiter. Sy is ook ’n gekwalifiseerde forensiese ondersoeker en verdedig al jare lank die buiteperd in arbeidsake.

Gordon sê sy sien uit om meer mense te help en om ’n maatstaf te kan skep waarmee die howe hul produksie kan verbeter.

LEES: KYK: TikTok-ster Wynand Kotze laat duisende lag met unieke video's

“Ons moet die kwaliteit van die howe verhoog, om die gewone bloot te stel aan die funksionering van die howe. Die regsproses is duursaam en Jan Alleman beskik nie oor die finansies om ’n persoon wat hom skuld, agterna te sit nie. 'Die Hof' skep ’n geleentheid vir die gewone verbruiker om hul klein eise na hierdie hof te verwys. Geen onnodige uitstel van sake, wat somtyds nie bekostigbaar is aan die Eiser nie,” sê Gordon.

Kykers van regoor die land kan ook met hul regskwessies via video inbel om advies in te win van die Arbiter.

Kyk na die voorskou hieronder:

'Die Hof' is vanaf 13 Oktober 2021 om 20:00 op kykNET & kie, DStv-kanaal 145. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ kykNET

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories