'Binnelanders' se Germandt Geldenhuys spog met nuwe aanlyn-winkel

'Binnelanders' se Germandt Geldenhuys spog met nuwe aanlyn-winkel

Germandt Geldenhuys en Linzay Coetzee het kragte saamgesnoer – en hulle is nou die epic span agter Liefde Kwadraat - Suid-Afrika se nuutste, unieke aanlyn klerewinkel. 

Binnelanders-akteur Germandt Geldenhuys sing legendariese 'Queen' treffer
Jacaranda FM

Gewilde 'Binnelanders'-akteur, Germandt Geldenhuys  en Linzay Coetzee, eienaar van DUIDELIK, is nie net goeie vriende nie, maar ook nou besigheidsvennote.

LEES: "Kan ek roek?" – Deelia is terug op kykNET

Albei glo nog altyd dat die wêreld liefde nodig het, meer as enige iets anders – en hulle wil die wêreld rondom hulle oorrompel met Liefde maal Liefde = Liefde2. 

Die paar het onlangs hul nuwe besigheid, Liefde Kwadraat bekend gestel.

Met Coetzee se agtergrond in ontwerp was die druk en verkoop van “merch” (t-hemde en “hoodies”) die regte antwoord.

LEES: "Ek is gesond" - Dozi na vals gerugte oor kanker

Liefde Kwadraat is 'n eiesoortige aanlyn winkel waar die publiek hulle gunsteling ontwerp kan gaan bestel asook die storie agter die ontwerp kan gaan lees. 

Elke kledingstuk wat deur Liefde Kwadraat vervaardig word, word handgemaak deur Suid-Afrikaners in die hartjie van Johannesburg. Die draagbare storiestukke word aanmekaar gestik met 'n mengsel materiaal wat bestaan uit 70/30 katoen en poliëster. 

KYK: kykNET se verjaarsdaggeskenk aan kykers

Selfs die seeskilpaaie juig, want die poliëster word gemaak van herwinde plastiek wat uit die oseaan verwyder is. 

Nie net word daar dus stories uitgeruil en versprei nie, maar die aarde kry ook so bietjie van ‘n hupstootjie in die regte rigting – en natuurlik, tonne + tonne liefde.

Besoek liefdekwadraat.com vir meer inligting – en om jou bestelling te plaas. 

Show's Stories