'Arendsvlei' se Melissa de Vries deel boodskap van hoop vir Vrouedag

'Arendsvlei' se Melissa de Vries deel boodskap van hoop vir Vrouedag

'Arendsvlei' se Melissa de Vries het 'n spesiale boodskap met SA-vroue gedeel. 

Melissa de Vries
Instagram/ Melissa de Vries/ Sarah Keogh

Nasionale Vrouedag is 'n openbare vakansiedag wat jaarliks op 9 Augustus herdenk word. 

Die eerste Nasionale Vrouedag het op 9 Augustus 1994 plaasgevind. 

LEES: KYK: Televisiefilm gereed om hartsnare te roer

Die dag gedenk die nasionale optog van vroue op hierdie dag in 1956 om beswaar aan te teken teen wetgewing wat swart persone verplig het om 'n pas te dra. 

Op 9 Augustus 1956, het 20 000 vroue 'n optog na die Uniegebou in Pretoria van stapel gestuur om teen die voorgestelde wysigings aan die Groepgebiedewet (algemeen bekend as die paswette) van 1950 te protesteer.

LEES: Wat lê nog voor vir akteur Sean van Noordwyk?

Die optog is deur Helen Joseph, Lillian Ngoyi, Rahima Moosa, en Sophia Williams gelei.

Te herdenkking van Vrouedag, het een van 'Arendsvlei' se gewilde TV-vroue 'n boodskap van hoop met Suid-Afrikaanse vroue gedeel. 

Melissa de Vries, speel 'Sasha Daniels', en is een van die onderwysers in 'Arendsvlei' op kykNET. 

Sy is ook ‘n professionele danser wat vroeër in die storielyn geïnkorporeer was. De Vries is al van seisoen een deel van die 'Arendsvlei'-familie.

LEES: Konings van optel en afskud: Gerhard Steyn en Alvin Bruinders gesels oor gewigsprobleme

Haar karakter word bestempel as sterk en dinamiese, maar ken ook van moeilike tye en swaarkry.

Volgens De Vries moet vroue weet dat hulle genoeg is - en dat hulle 'n doel in die lewe het. 

LEES: 'Nêrens, Noord-Kaap': Teaterstuk word omskep in dramareeks

"Sonder vroue bestaan ​​die wêreld nie, al is ons stemme so lank stil gehou. Daarom is Vrouedag belangrik. Om die vroue voor ons te onthou, om hulle, ons moeders, grootmoeders en susters te vier, en daardeur te leer om saam te staan. Want saam kan ons soveel meer bereik.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Instagram/ Melissa de Vries/ Sarah Keogh

Show's Stories