'7de Laan' vier 22ste verjaarsdag!

'7de Laan' vier 22ste verjaarsdag!

'7de Laan', een van SABC 2 se sepies wat die langste loop, sal sy 22ste verjaardag op 4 April 2022 vier.

7de Laan
Verskaf

'7de Laan' is tans in sy 23ste seisoen en is een van Suid-Afrika se nommer een Afrikaanse sepies volgens die kykertal. Die program gaan voort om kykers te vermaak, deur gesprekke en verdraagsaamheid oor belangrike sosiale kwessies te inisieer.

 LEES: Sakejoernalis wen halfmiljoen op 'Wie Word 'n Miljoenêr'

“Aangesien die samelewing steeds ten diepste van televisie afhanklik is vir vermaak, nuus, opvoeding, kultuur en dies meer, is dit verblydend vir ons om steeds 'n ruimte te vind waarin ons belangrike stories kan vertel wat kykers opgewonde is om te kyk en betrokke by te raak, veral wanneer hulle 'n oorvloed inhoud het om van te kies,” sê Thandi Ramathesele, Uitvoerende Vervaardiger van '7de Laan'.

 LEES: Trouklokke lui vir Bok Eben Etzebeth na verlowing aan sepiester

'7de Laan' het beslis 'n lang pad gestap, van sy grootliks ateljee-gebaseerde opnames na gereelde buite-opnames en dialoog van plekke en stede in en om Suid-Afrika. Dit weerspieël gemeenskappe regoor Suid-Afrika, waarmee baie kan identifiseer.

LEES: Philicity Reeken gesels met akteur Jarrid Geduld oor 'Indemnity'

Elke seisoen het sy hoogtepunte, of dit nou nuwe liefde, 'n dood, 'n troue of bloot net 'n plek kry om te hoort in Hillside is. '7de Laan' sal voortgaan om nuwe maniere te vind om hierdie opwindende stories te vertel wat kykers die afgelope 22 jaar emosioneel aangegryp en betrokke gehou het.

7de Laan
Verskaf

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf

Show's Stories