Good Morning Angels: Student excels and passes with flying colours despite his conditions

Good Morning Angels: Rudowhan Kolberg is successfully forging a new path

Determined to change his circumstances, East Rand's Rudowhan Kolberg has shown how hard work and dedication can open new opportunities for anyone. 

good morning angels wednesday 01 march

GOOD MORNING ANGELS 1 MARCH 2017 (RUDOWHAN/VUKILE/IDE 8 APRIL 2015) 


ORIGINAL REQUEST FROM:  Ronel "Nellie" Venter


REQUEST FOR:  Rudowhan Kolberg


ANGEL 1: Dr Sedise Moseneke on behalf of the Vukile Property Fund


SPONSORING:  The Vukile Property Fund sponsored Rudowhan's first year at the University of  the Free State - for class and study material fees. Rudowhan has passed his first year and as promised, they have now committed to paying the next three years of his studies in forensic science, through their Hillfox Power Centre in Roodepoort CSI project. They will now also fund half of his res-fees for the next three years! All Rudowhan has to do, is to pass his subjects.


ANGEL 2: The IDA Care Foundation


SPONSORING: The IDA Care Foundation has come on board to invest in Rudowhan’s future and will sponsor the remaining half of his residence fees, for at least two years.   


BACKGROUND: We met Rudowhan Kolberg in April 2015. He was a matriculant who, against many odds, decided to carve out a future despite a difficult start in life. He grew up in a rough neighbourhood on the East Rand where gangs and drugs are part of everyday life. An admin staff member at his high school, Tannie Nellie, wrote to Good Morning Angels about Rudowhan. She had seen many children struggle due to poverty, difficult conditions at home, absent parents but, she said that none had as little as Rudowhan. The peanut butter or jam sandwich he got at school was often his only meal. He got his school clothes from the second hand school bank. He made his own way to school and home. In Grade 9 he was sent away to boarding school in the Northern Cape. He stayed in most weekends and holidays, but he flourished. He played rugby and soccer and performed well academically, always staying in contact with Tannie Nellie. 


At the end of Grade 11, his mother decided he had enough education. Rudowhan was crushed, came back to the East Rand, stayed with his aunt and asked Tannie Nellie the help him to get accepted back in the school he left in Grade 9. He studied at school or in the Public Library after school, picked up on the syllabus and finished matric with University exemption. Again, Tannie Nellie helped him to apply to the University of the Free State and he got accepted to study Forensic Science - his favourite subject. He never made excuses, but rather held his head high, avoided the confrontations at home and on the streets and worked hard for every mark on his report card. Tannie Nellie asked Good Morning Angels to help this determined young man reach the next goal of going to varsity. With the help of the Vukile Property Fund and hard work, Rudowhan finished (and excelled) his first year at the University of the Free State. Now, he has three years left.


ORIGINAL REQUEST (In 2015):


My Pleidooi vir RUDOWHAN KOLBERG


Ek het Rudowhan Kolberg as ‘n graad 8 seun leer ken.  Ek hanteer die voedingskema-projek by ons skool en hy het pouse altyd ‘n broodjie by my kom haal.  ‘n Stil, goed gemanierde te maer, seun.  Later het ek besef dat die broodjie wat hy elke dag by my kry die enigste kos  vir die dag is. (Hiermee moet ek byvoeg dat die broodjies ‘n keuse tussen grondboontjiebotter of konfyt is)  Ek het dus later ekstra kos ingepak en seker gemaak dat hy darem af en toe ‘n vrug of ‘n bietjie voedsame kos ook kry. Maak nie saak wat daar te ete was nie, hy was altyd dankbaar en beleef.  Ek het een keer vir hom ‘n paar  lekkers by ons snoepie gekoop en hy het dit  beleef van die hand gewys en gesê ek moet dit eerder vir een van die ander leerders gee.  As daar om een of ander rede die dag nie broodjies  was nie en ek aangebied het om vir hom ‘n geldjie te gee, sodat  hy  vir hom ‘n broodjie by die snoepie kan gaan koop, het hy dit geweier en die dag sonder kos gegaan.  Nooit wou hy geld van my neem nie. 

     

Skoolvakansies was vir my ‘n nagmerrie want ek het geweet daar is geen kos by sy huis nie.  Ek het dit wat ek kon spaar saam gestuur huistoe. Of hy ooit daarvan gekry het sal ek seker nooit weet nie. 

  

Van sy omstandighede tuis het ek eers later bewus geword.  Nooit het hy gepraat oor die situasie tuis en in watter haglike omstandighede hy geleef het nie.  Sy skoolklere het hy by die skool se klerebank gekry.  Sy broek was te kort en sy verslete skoene was duidelik sigbaar.  Die klerebank het altyd ‘n tekort aan truie en so is hy deur die winter met ‘n dun, uitgewaste wit, kortmou hemp sonder ‘n trui.  Ons sentrums is gedurende die winter vriesend en partykeer kon ek sien dat hy bitter koud moes kry.  Nooit het hy egter gekla nie.  Hy wou bitter graag aan ons Revue deelneem en het saam begin oefen.  Die ander kinders het in hulle sweetpakke ens geoefen, hy in sy skoolklere.  Weens die feit dat meeste van die oefeninge saans  was en daar niemand tuis was, wat belang gestel het om hom by die skool te kom haal na oefening nie, moes hy op die ou end die Revue los.  


Weens die feit dat hy in Windmillpark woon (waar ‘’gangsters’’ hoogty vier) kon ek nie aanbied om hom na oefen by sy huis af  te gaan laai nie, want dit is bloot net te gevaarlik.


Sy punte was baie goed.  Die onderwysers het altyd gepraat oor hoe beleef en goed gemanierd en slim hy was.  

So het ek na maande uitgevind dat sy moeder en stiefpa albei alkholiste (en werkloos) is en dat sy stiefpa hom mishandel.  (Stukkies inligting wat ek by familie ens bymekaar gemaak het)  Einde graad 9 het hy my kom groet en gesê hy gaan Kaap toe.  Sy ma het familie daar en hulle het aangebied dat hy vakansies by hulle kan gaan woon.  Hy sou skool gaan by Vaalrivier Hoërskool en in die koshuis woon.  Nadat hy weg is het ek ‘n klein briefie op my tafel gekry wat hy in potlood geskryf het.  Hierin het hy my bedank vir alles wat ek vir hom gedoen het ens.  


Hy het my af en toe geskakel (omdat hy toe nog nie ‘n cell gehad het nie, neem ek aan dat dit van ‘n publieke telefoon was, ek kon aflei dat hy bitter eensaam moet wees).    


Ek het ‘n punt daarvan gemaak om die skool gereeld te skakel en navraag oor hom te doen.  Die dame by die Admin kantoor het bevestig dat hy meeste vakansies en naweke by die koshuis ingebly het.  Dan het hy gestudeer aan sport deel geneem of klavier gespeel (hy het homself  leer speel).


Almal het met die hoogste lof van hom gepraat. Hy het vir die eerste rugby -en sokkerspan gespeel.  Hy was in die Top 10 en sy Wiskunde en Fisiese Wetenskap punte was bo gemiddeld.  


Die een jaar het hy op Valentynsdag gebel en gesê hy wil net vir my en my kollega (Me Lubbe) sê hy is baie lief vir ons en dankie vir  wat ons altyd vir hom gedoen het.  Dit het my hart gebreek dat hy niemand anders gehad het om te skakel nie en ons (wat eintlik maar twee vreemde tannies was) geskakel het.


Begin verlede jaar het hy my geskakel en gevra of ek by ons Hoof kan uitvind of hy by ons skool sal kan registreer om graad 12 te voltooi.  Weereens het die lewe hom ‘n lelike streep getrek en moes hy in sy finale jaar  terugkom huistoe. Die jaar wat die belangrikste en gelukkigste jaar in sy skoolloopbaan moet wees, moes hy weereens sy vriende verlaat en by ‘n ‘’nuwe skool’’ begin.  Na ‘n gesprek met die Hoof is hy toe by ons skool gerigestreer vir grd 12.


In ag geneem dat hy van skole en provinsies verander het en dit, in die belangrikste jaar van sy skoolloopbaan het ek nie hoop gehad dat hy sy graad 12 sou slaag nie.  Hy het nie boeke, skryfbehoeftes ens gehad nie.  Daar was nie geld vir ekstra klasse nie. Hy kon nie die jaar rugby speel nie, want die spanne was alreeds gevestig.  


Die situasie tuis was nog steeds so haglik.  Hy moes saans wag tot almal gaan slaap (om sodoende konflik te vermy) en het dan by kerslig gesit en leer en huiswerk gedoen. (Natuurlik was daar nooit krag nie)  Die situasie tuis was partykeer so erg dat hy meer as een keer in my kantoor gesit en huil het.  Nooit het hy egter enige stories van die huis vertel nie.  As ek hom daarna  vra het hy altyd net gesê hy kan nie sy probleme myne maak nie en hy sal ok wees.  


Na skool het hy op die gallery gesit en huiswerk doen of klavier gesit en speel totdat die personeel huistoe gaan en die deure gesluit word.  Meer as een keer het hy sopnat by die skool aangekom want hy moes van Windmillpark in die reën skool toe stap.  So het dit aangegaan totdat ek op ‘n dag gesê het tot hierna toe en nie verder nie en van toe af het ek gesorg dat hy geld het vir ‘n taxi of die bus.  

Rekord en eindeksamen het hy by die publieke biblioteek in Boksburg gaan sit en leer.  Tuis was hy nie welkom nie.  Hy het elke dag die ongeveer 7 km biblioteek toe gestap en in die middae weer al die pad terug.  Graad 12 was vir hom hel.  Hy moes aanpas by onderwysers wat nou op 'n ander manier werk verduidelik.  Wiskunde het nou vir hom 'n nagmerrie geword.  Hy het nie die manier waarop die juffrou dit verduidelik verstaan nie.  Dus het hy op sy eie ure op die gallery na skool gesit en self alles probeer uitpluis.  

Ek het vir sy Matriekafskeid betaal en het daarop aangedring dat hy dit moet bywoon. Hy moes ten minste volgens my een goeie herinnering van sy skoolloopbaan hê.  Ek moes vir hom geld gee vir ‘n aandpak en skoene want weereens het niemand tuis gedink dis nodig dat hy Matriekafskeid toe moes gaan nie. Tot op die laaste nippertjie moes ek dreig dat as hy nie gaan nie, het ek my geld gemors want ek kon dit nie terug vra nie.  


Behalwe al hierdie dinge moes hy voortdurend homself uit situasies praat, want as jy in Windmillpark woon word jy gedwing om by 'n bende aan te sluit.  Ek kon een oggend sien hy was baie ontsteld en toe ek vra wat fout is het hy net gesê hy gaan nog dood gemaak word omdat hy nie in 'n bende wil behoort nie. Presies wat aanleiding daartoe gegee het weet ek nie, ek kon net sien hy was hewig ontsteld.  


Ek het hom gehelp om in te skryf by die Universiteit van Vrystaat (hy het gevra ek moet hom help om so ver as moontlik vd huis af in te skryf)  Ek het al sy dokumente deur gestuur en hy het ‘n brief ontvang waarin hy tydelike toelating ontvang het. Soos wat hy my belowe het, het hy sy grd 12 geslaag. Geen onderskeidings, maar darem Universiteit vrystelling ontvang. Waar ander kinders in dieselfde situasie moed sou opgee en die maklike uitweg kies, het hy soms met bomenslike uithouvermoë my telkens verbaas. Sy enigste droom vandat ek hom ken is om verder te gaan studeer en ‘n sukses van sy lewe te maak.  


Ek het deur die jare by die skool met baie kinders te doen gekry wat swaarkry en het ook al baie gehelp waar ek kan.  Die meeste van hierdie kinders het egter na ‘n ruk moed op gegee en die maklike pad gekies. Nou rig ek my tot u en vra om hulp sodat hy sy droom kan bewaarheid en verder kan gaan studeer.  Finansieel is daar niemand wat sy universiteitskostes kan dra nie.  Ek self  is finansieel nie in staat om hom daarmee te help nie.


Hy het toelating tot die universiteit ontvang en koshuis verblyf is goedgekeur.  Nou kan hy nie gaan nie want finansieel is daar niemand wat daarvoor voorsiening kan maak nie. Die beste wat ek kan doen is om skoene te koop, vir  iemand se Matriekafskeid te betaal of ‘n leerder vir ‘n toer te borg.  Universiteitsgelde is bo my vuurmaak plek.  


Ek het verskeie leerders by die skool wat ek met klein dingetjies probeer help. Ek het ook een van ons skooldogtertjies wat in ‘n kinderhuis woon, waarvoor ek finansieel sorg.


Finansieel is ek dus nie in staat om Rudowhan te help om sy droom te verwesenlik nie. Indien daar enige instansie of persoon is wat  hom op enige manier kan help sal ek so dankbaar wees. Van al die kinders wat ek deur die jare al gehelp het en aangemoedig het, is Rudowhan een van die min wat teen alles wat verkeerd geloop het in sy lewe geskop en geveg het. Hierdie kind verdien  een kans in die lewe. Dis al wat ek vra, dat iemand hom asseblief net een kans gee om ‘n sukses van sy lewe te maak. Ek weet hy sal ‘n reuse sukses daarvan maak.    


Ek besef u kom daagliks met honderde soortgelyke gevalle in aanraking.   Ek wens ek kon werklik op papier sy situasie vir u uitbeeld, maar kan maar net hoop dat u min of meer ‘n idee kan vorm van hoe besonders hierdie kind is. Mag u ‘n wonderlike dag hê en dankie dat u die tyd ingeruim het om my pleidooi te lees.


Warm groete,

Ronel (Nellie) Venter

Show's Stories