Pretoria hoërskool leerling (17) sterf in haar slaap
Updated | By Jean-Mari Schmidt
Annerien Mills van die Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria is Saterdag oorlede.
Die tragiese nuus van Annerien Mills se dood is die week gedeel in 'n Pretorianse gemeenskapskoerant.
KYK: SA-paartjie wys realiteit van oorsee bly
Haar ouers het bevestig dat 'n hartkwaal die oorsaak van haar dood was.
Annerien was 'n fluitspeler en het onlangs teruggekeer van 'n jeugsimfonieorkes-optrede in Bloemfontein en het besluit om 'n rukkie te slaap nadat sy by die huis gekom het.
KYK: Komediant en akteur Melt Sieberhagen maak mooi vir liefdadigheid
Haar tweelingbroer, Henré, het haar 'n paar uur later probeer wakkermaak, maar het nie daarin geslaag nie. Die Mills-gesin het ongelukkig 'n dogter en suster verloor.
Sy is in vrede weg, dit is baie erg, maar ons aanvaar dit.- John Mills
LEES: Mej. SA-wenner sal nie meer deelneem aan Mej. Wêreld nie
https://www.jacarandafm.com/shows/drive/mej-sa-wenner-sal-nie-meer-deelneem-aan-mej-w%C3%AAreld-nie/
Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het ook op hulle Facebook-blad 'n hartroerendebooskap gedeel:
Sy was 'n Affie in murg en been. Het donderdag nog met groot opgewondenheid saam na Bloemfontein gereis. Trots geklee in haar blou Affie hoodie. Die Covid pandemie het in 2020 tydens haar graad 8 jaar toegeslaan. Die groep kinders is "beroof" van soveel geleenthede by die skool waarna hulle jare uitgesien het. Die geleentheid om dus uiteindelik as skool na Bloemfontein te reis was des te meer 'n onvergeetlike uitstappie. Vrydagaand was sy deel van die Affie-orkes wat soveel harte aangeraak het toe hulle ten spyte van beurtkrag in die pikdonker aanhou speel het. 'n Roerende oomblik in tyd wat diegene teenwoordig diep geraak het. Hoe dankbaar is ek nou vir Kode Blou, die gr 11 veldskool en die orkes wat woensdag as beste in die stad aangewys is. Dat Annerien dit alles kon mee maak 💙 Die wete dat sy 'n " gelukkige" Affie was bied troos. Mag die groot Trooster deur Sy genade ons deur hierdie tyd versterk. Ons is hartseer- Marna Jordaan (hoof van Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria)
Die skool het ook vandag 'n gedenksdiens vir haar gehou.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
More on Jacaranda FM
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 2 months ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 2 months ago