Peet Viljoen dagvaar 'Carte Blanche'-vervaardiger

Peet Viljoen dagvaar 'Carte Blanche'-vervaardiger

Die oudprokereur wat faam behaal het op die gewilde televisiereeks 'Die Real Housewives van Pretoria' het nogsteeds alle oë op hom.

Real housewives van pretoria peet viljoen ster dagvaar kate barry carte blanche
Peet Viljoen/Instagram

Peet Viljoen, en sy vrou Mel Viljoen, se name is onlangs gereeld gesien in opskrifte nadat hulle heelwat negetiewe aandag getrek het in die laaste jaar.

LEES: kykNET kondig aan 'Die Real Housewives Van Die Wynlande'

In 2022 het bekende ondersoekende-joernalistiekprogram, 'Carte Blanche' verslag gedoen oor die paartjie en hulle besigheid, Tammy Taylor Nails SA.

In 'n nuwe onderhoud met 'Kwêla' het Peet Viljoen met aanbieder Hannes van Wyk gedeel dat hy wel die vervaardiger van die program, Kate Barry, gaan dagvaar.

LEES: Moedelose Centurion-ma soek vrou vir haar seun

Volgens Netwerk24, sê Peet dat Barry hom by polisiebeamptes belaster het in 2022 en dat 'Carte Blanche' "fopnuus verkondig."

LEES: KYK: Vanderbijlpark-meisies word geprys vir hulle TikTok-dans

Viljoen eis nou R20 miljoen se skadevergoeding en hy het ook bekend gemaak dat Barry 'n teen-eis van R300 000 ingedien het "om tyd te wen."

John Webb, die uitvoerende vervaardiger van 'Carte Blanche', het ook aan Netwerk24 gesê "Ons bevestig dat ons vervaardiger gedagvaar word. Ons hou by ons storie."

Viljoen en van Wyk het ook tydens die 'Kwêla' onderhoud gepraat oor hoe ander mense hom beskou en sy kinderjare, terwyl hulle sit in sy spoghuis en sy luukse karre aanskou.

LEES: Glanspaartjie Lee-Ann Liebenberg en Nicky van der Walt 12-jaar getroud

Hier is 'n uittreksel van die onderhoud:

Viljoen het ook al die 'Carte Blanche' ondersoek op sy persoonlike Instagram aangespreek:

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer by Jacaranda FM


Show's Stories