Maak gereed vir 'n nuwe avontuur met Nataniël en Erik le Roux
Updated | By The Drive with Rob & Roz
Die Le Roux-broers keer terug met ’n splinternuwe reeks, 'Nataniël. Erik. Wolf'.
Die Le Roux-broers keer terug met ’n splinternuwe reeks, Nataniël. Erik. Wolf. wat op Sondag 16 Oktober om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, afskop.
LUISTER: 'Ons mis vir Shaleen' sê kykNET-hoof Waldimar Pelser
Kospotte, kuns, geskiedenis en skoonheid bly herkenbare elemente, maar hierdie keer word ’n wêreld van fantasie, boosheid, goedheid, wreedheid en redding ontdek.
LEES: Shaleen Surtie-Richards wen SAFTA-toekenning
Nataniël het al menigte van sy projekte begin ná ’n ontdekking op die boekrak. Hierdie keer was dit ’n vergete houer vol illustrasies deur die Franse kunstenaar Gustave Doré (1832 – 1883). Dié heerlike sketse het gelei tot Nataniël se herontdekking van al die sprokies waarmee kinders wêreldwyd grootgemaak word, asook die behoefte om die oorspronklike weergawes – onveranderd deur kommersiële uitgewers of filmmakers – op te spoor.
LEES: Die 'Egoli'-oomblik toe 'Nenna' en 'Elsa' perongeluk daggakoekies eet
Uiteindelik is ontwerpers en beeldende kunstenaars – Suid-Afrikaans en Europees – gevra om betrokke te raak en so is Nataniël en sy span vir die eerste keer in drie jaar terug na Nantes, Frankryk.
Hierdie keer het Erik ’n eeue-oue werkswinkel op die gronde van ’n eksentrieke herehuis opgespoor en tussen die bome van ’n groen woud is ’n nuwe reeks vir die kassie gebore.
LEES: Bekendes bring hulde aan ikoon Shaleen Surtie-Richards
Kos, kuns, ontwerp, boeke, stories en baie musiek vorm die basis van hierdie 13-episode reeks. Die Steinway-pianis Charl du Plessis het by die groep aangesluit en is in talle episodes (en situasies!) te siene. Oorspronklike musiek deur Nataniël is omskep in ’n opwindende en atmosferiese klankbaan en die twee broers hoop dat kykers sal ontspan, saam lag, saam kook, saam reis, saam ontdek, vrae vra, kwessies aanspreek, inspirasie vind, meegevoer word en vir ’n paar maande elke week met vreugde begin.
'Nataniël. Erik. Wolf.' begin Sondag 16 Oktober om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 3 months ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 3 months ago