'KoppieTeeFontein' met Jak de Priester keer terug na kykNET

'KoppieTeeFontein' met Jak de Priester keer terug na kykNET

Die gewilde kuierprogram 'KoppieTeeFontein', met Jak de Priester as onderhoudvoerder, is terug vir ’n derde seisoen.

KoppieTeeFontein met Jak de Prieter keer terug na kykNET
Verskaf/kykNET

Van die gaste in die nuwe reeks sluit in die filmmaker Koos Roets, die sangeres Andriëtte Norman, die skreeusnaakse komediant Alfred Adriaan, die skrywer en sanger Koos Kombuis en Neil Sandilands, die Suid-Afrikaanse akteur wat al meer sy merk in Hollywood maak.

LEES: Mel Die Storieverteller: Van skrywer tot TikTok-ster

KYK: 'Suidooster'-akteur Theodore Jantjies deel groot baba nuus!

Jak sê dit is vir hom interessant dat die ritueel van tee drink soveel anders is as koffie. "Om tee saam met iemand te drink, is ’n bymekaarkoms, iets wat nie afgejaag kan word nie. Ek het ook die afgelope tyd besef meeste gaste is teedrinkers, dalk juis omdat dit rustiger is. Ek maak ook vir elke gas ’n klein abstrakte kunswerk wat ek gemaak het en dan vir hulle as geskenk gee," sê Jak.

Hy sien 'KoppieTeeFontein' as 'n ongekompliseerde program. 

"Dit moet vir die kyker voel of hulle deel van die geselskap is. Ek doen nie juis ure se navorsing nie. Dis net ’n gesprek tussen my en die persoon waar hulle hulle lewens deel. Koos Kombuis het byvoorbeeld oor dinge gepraat waaroor hy nie juis wil praat nie en Neil Sandilands was wonderlik. En dit is presies wat 'KoppieTeeFontein' moet wees. ’n Sielvolle gesprek tussen twee mense met die kykers wat voel asof hulle saam sit."

'KoppieTeeFontein' begin op Vrydag 5 Mei 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media:

Foto: Verskaf/kykNET

Meer by Jacaranda FM


Show's Stories