FOTO'S: Ontmoet die karakters van die splinternuwe telenovelle 'Diepe Waters'

FOTO'S: Ontmoet die karakters van die splinternuwe telenovelle 'Diepe Waters'

Die rolverdeling van kykNET se splinternuwe telenovelle, Diepe Waters, is eindelik bekendgemaak en kykers kan hulle regmaak vir ’n gedugte span akteurs wat lewe gaan inblaas in karakters wat diep in almal se harte sal kruip.

Diepe Waters kykNET
Verskaf/ kykNET

Bekendes soos Justin Strydom, Sandi Schultz, Nadia Valvekens, Neels van Jaarsveld, Lea Vivier, Werner Coetser en Altus Theart tel onder die groot name in die reeks. Uiters talentvolle jong akteurs maak ook hulle buiging.

 LEES: Amor Vittone praat eksklusief oor haar huwelik met Joost van der Westhuizen

Een van die hoofrolle word vertolk deur Justin Strydom. Sy bekendste rol is waarskynlik dié van Kaptein Leon Cutts in die dramareeks, 'Snitch'. 

Diepe Waters wentel om die wel en weë van die Swarts-familie met Justin as die karakter Gys Swarts. Gys lewe bo sy vermoëns en is baie geldgierig. Sy ambisie en gedrewendheid maak dat hy mense naby aan hom seermaak. Kykers sal moet wag en sien watter truuks hy alles uithaal.

LEES: 'Legacy' verwelkom gay paartjie

En dan is daar natuurlik die konkelende Zelda (Sandi Schultz) wat haar mes inhet vir Gys. Schultz is bekend vir haar rol in 'Binnelanders' as Jennifer Adams en sy is ook te sien in al drie seisoene van Netflix se 'Blood & Water'.

Die rol van sy pragtige jong liefde, Meghan, word vertolk deur Lea Vivier. Vivier is bekend vir haar rolle in 'Mense Mense', 'Legacy' en Showmax se 'Dam'. Sy het ook ’n SAFTA-toekenning vir haar rol in 'Dam' gewen.

LEES: Engelse-onderwyser spandeer R1-miljoen om soos Kim Kardashian te lyk

Die geliefde akteur Werner Coetser vertolk die rol van Jacques, een van Gys se seuns. Jacques se smeulende lyf langs die swembad kan enige vrou se hart vinniger laat klop! Werner is bekend vir sy rolle in '7de Laan' en hy is tans nog te sien in 'Getroud Met Rugby' as Blitz Vermeulen.

Altus Theart vertolk die rol van Gys se oudste seun, Rossouw. Rossouw is getroud met Sanet (Nadia Valvekens). Hierdie twee lyk op die oog af sielsgelukkig, maar agter toe deure is waar hul ware kleure wys. Altus is tans nog te sien in 'Getroud Met Rugby' en kykers sal hom ook onthou vir sy rolle in 'Modder En Bloed' en die 'Bakgat'-trilogie. Nadia is geen onbekende in die sepiewêreld nie, kykers sal onthou sy was in 'Binnelanders' en speel 'Alles Malan' se geliefde Tessa.

 LEES: Boer Niel van 'Boer Soek 'n Vrou' verwelkom baba

Rossouw en Sanet het twee kinders, Johan (Liam Bosman) en Karla (Danielle Swanepoel). Albei van hulle is groentjies in die bedryf, maar een ding is verseker, hulle het ’n blink toekoms voor hulle! 

Reandi Grey vertolk die rol van Anja wat 20 jaar gelede sak en pas die land verlaat het. En nou is sy skielik terug in Suid-Afrika en het baie op die hart. Reandi is bekend vir haar rolle in '7de Laan' en 'Legacy'.

 LEES: 'n Ware misdaad storie oor die val van 'n engel

Die TV- en teater-ikoon, Lizz Meiring, is ook in die telenovelle te sien as die dierbare Tannie Bybie Bekker, wat ’n groot geheim met haar saamdra. Lizz is reeds 51 jaar in die bedryf en het meer as 5 000 funksies, 301 TV-produksies, 32 rolprente, 225 tekste en 355 verhoogproduksies op haar kerfstok!

En dan is daar Stephanie Baartman wat die rol van Lettie vertolk. Lettie besit die bekende koffiewinkel Lettie’s Keffie, waarna almal hardloop as hulle ’n skouer nodig het om op te huil. Ons ken haar tans as Bibi in 'Getroud Met Rugby' en sy is ook een van die regisseurs van kykNET & kie se Turkse telenovelle’s. 

LEES: Middelburg vrou se man sterf twee dae na troue

Volgens die kreatiewe vervaardiger van die telenovelle, Roberta Durrant, was dit belangrik dat hulle die regte akteurs kies wat “chemistry” op stel het.

“Ons vra die akteurs om saam te oudisie om te kyk of hulle goed saamwerk. ’n Mens moet die rolverdeling regkry, want ek glo dit is negentig persent van die sukses van ’n reeks,” sê Roberta. 

Roberta, wat ook reekse soos 'Projek Dina', 'Sara Se Geheim' en 'Afgrond' vervaardig het, is veral opgewonde oor die wonderlike jong talent wat hulle gekry het.

 LEES: 'Kinders het geen respek' - Skryf skool aan ouers

Omdat ’n groot deel van die draaiboek om ’n swemskool wentel, moes baie van die karakters volgens toesigvervaardiger, Lucia Meyer-Marais, bewys hulle kan swem.

Lucia glo die finale rolverdeling is in die kol.

“Die finale groep akteurs pas elke rol soos ’n handskoen. Om eindelik te kan sien en hoor hoe hulle die storielyne vertolk waaraan ons vir maande en maande gewerk het, is wonderlik,” vertel sy.

 LEES: Dapper tweejarige meisie byt slang terug

Kom wees deel van die 'Diepe Waters'-intrige van Maandae tot Donderdae 18:00 op DStv-kanaal 144. Die eerste episode word op 3 Oktober uitgesaai en sal ook op CatchUp beskikbaar wees.

Diepe Waters kykNET
Verskaf/ kykNET

Vind nog foto's hieronder: 

Skakel in op 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 -19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories