Vermaaklikheidster in hospitaal ná fratsongeluk
Updated | By Jacaranda FM
Bibi du Preez het 'n versoek op aanhangers gemaak om haar te ondersteun in hierdie tyd.

Die sangeres en aktrise, Bibi du Preez, het aanhangers groot laat skrik toe sy 'n foto vanuit 'n hospitaalbed op sosiale media gedeel het.
"En net so, in 'n oogwink, dislocate ek my knieg met 'n harde KAPLAF," het sy op Facebook geskryf.
Die 34-jarige Du Preez vertel dat sy in haar lewe nog nooit sulke pyn ervaar het nie.
Volgens Maroela Media het die vermaaklikheidster in 'n ernstige mediese situasie beland nadat sy in die vroeë oggendure van Dinsdag, 24 Junie, opgestaan het om iets te kry.
KYK: Bekende 'My f*k, Marelize'-video word 'n film
Sy was onbewus daarvan dat haar wasmasjien begin water lek het en het op die nat teëls gegly.
"Ek het heeltemal verkeerd geval. Ek het verskriklik gegil. Gelukkig was my kêrel by my, en die buurvrou het ook die slag gehoor. Ek is daarna met ‘n ambulans na die hospitaal geneem. My kniekop het so skuins gehang," vertel Du Preez aan Maroela Media.
In 'n sosiale media-plasing het Bibi bevestig dat niks gebreek is nie, maar dat sy wel ligamente geskeur het.
Sy het ook bevestig dat sy 'n operasie moes ondergaan en dat daar penne in haar been geplaas moes word, aangesien daar niks is wat haar kniekop tans in plek hou nie.
"Vier penne, so dik soos 'n Wimpy-papierstrooitjie, is nou in my been.
"Een loop van my heup tot in my bo-been, dan deur my knie, en eindig in my maer-merriespier.”
Bibi het vertel dat sy vir ses weke die penne sal in hê voordat sy 'n ligament-rekonstruksie moet ondergaan.
Volgens haar lê daar nog 'n lang herstelproses voor.
Intussen het sy 'n BackaBuddy-blad gestig waar vriende en aanhangers haar kan help in die herstelproses.
"Ek het nou my trane gesluk, want om na julle toe te kom met hierdie nuus is nie maklik nie. Ek is nie te trots nie," het sy in 'n video op sosiale media gesê.
KYK: JP Dix sing bekende Dire Straits-liedjie op Friday Live
Sy het vertel dat sy tans in die Steve Biko-hospitaal is, aangesien sy nie 'n mediese fonds het nie.
"Om my te help die ligte aan te hou, wil ek na julle toe kom met my BackaBuddy," het sy gesê.
Kyk hier:
Jy kan Bibi se BackaBuddy hier ondersteun: https://shorturl.at/uT9Ib
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Facebook/ Bibi du Preez
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
WARNING: Pretoria parents urged to beware of increase in chi
Here's what you need to know about the spike in child kidnappings in Pre...
Breakfast with Martin Bester 1 week, 3 days ago -
LISTEN: Rope Runner Marissa Groenewald's fight against human
The powerful reason Marissa is so passionate about 'rope running'.
Breakfast with Martin Bester 1 week, 3 days ago