Dis nou wat mens 'n SEEkoei noem
Updated | By Etienne Bruwer
'n Video van twee seekoeie wat in die Indiese Oseaan swem word tans wyd oor sosiale media versprei.
Dis nie net mense wat die lekker warm strande van die Indiese Oseaan kan geniet nie.
'n Man, wie tans nie bekend is nie, het 'n video op sosiale media gedeel van twee seekoeie wat rustig in die water speel op dieselfde plek waar hy glo gereeld gaan snorkel.
KYK: 'Boer Soek ‘n Vrou' se Willem en Sanel deel geslag van baba
Volgens die sosiale media-plasing is die video suid van Kosibaai by Black Rock strand naby Mosambiek geneem.
Díe man het glo na die strand gegaan om te gaan snorkel toe hy die twee reuse in die water gesien het.
'Twee seekoeie reg op die plek waar ons gewoonlik snorkel, swem en visvang."
#SightingOfTheDay
— Ultimate Safari (@SafariUltimate) May 23, 2023
Hippo's 🦛 swimming in the Indian Ocean 🌊#IndianOcean #conservation #ultimatesafari pic.twitter.com/EHeoDTFzcQ
Alhowel mense gereeld teen seekoeie gewaarsku word bly hierdie 'n unieke ervaring wat die mooi van die natuur uitbeeld.
"Daar is nie baie plekke in die wêreld waar jy hierdie sal kan sien nie," het die man in die video gesê.
Almal sê dit, maar dis regtig net in Suid-Afrika waar mens soms sulke merkwaardige dinge kan ervaar.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 3 months ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 3 months ago