VIDEO: Lokprent - Bakgat III
Updated | By Morné Kruger
Bakgat III is die finale film van die uiters gewilde reeks en dié keer immigreer Wimpie en sy verloofde, Katrien na Engeland waar 'n klub vir hom 'n rugby kontrak aangebied het.
Bakgat III is die finale film van die uiters gewilde reeks en dié keer immigreer Wimpie en sy verloofde, Katrien na Engeland waar 'n klub vir hom 'n rugby kontrak aangebied het.
Die rolverdeling sluit in Ivan Botha (Wimpie), Cherie van der Merwe (Katrien), Altus Theart (Werner "Killer" Botha), Danie Putter (Bruno), Neil Sharim (Japie), Solomon Cupido (Barry) en Bradley Olivier (Borrie) onder andere.
Die twee besef vinnig dat Londen nie so cool is soos wat hulle gedink het dit gaan wees nie. Wimpie se nuwe spanmaats gee hom'n harde tyd en kort voor lank stig hy af en begin 'n nuwe span saam met Werner, wat saam met hom in die Britse span speel. Dis egter 'n onwaarskynlike groepie spelers wat hulle bymekaar hark met min hoop om die liga te wen.
Hulle werk hard, baklei hard en stoei hard en soos hulle nader aan die eindstryd van die liga kom, blyk dit dat Wimpie en Katrien se "happy ever after" van die sukses van die span gaan afhang.
Die regisseur Stefan Niewoudt se een van die groot uitdagings van die film was dat meeste van die storie in Londen afspeel. Ons moes aan kreatiewe maniere dink om liggings in Suid-Afrika soos Londen te laat voel, aangesien ons net vir 'n week en 'n half met 'n klein deel van die akteurs en produksiespan in Londen kon skiet.
Die gedeeltes wat ons in Suid-Afrika verfilm het was ook hope pret. "Die akteurs wat van Bakgat! 1 en 2af kom is nou al gesout in hulle karakters. Die nuwe karakters is kleurvol en verseker dat daar nooit 'n vervelige oomblik is nie", se Nieuwoudt.
Die vervaardiger Danie Bester beaam nadat hy die "final cut" van die film gesien het, het hy baie emosioneel en trots uit die vertoning gestap. "Ek is van mening dat Bakgat! 3 die beste Bakgat!nog is!," se Bester.
Hy voeg by dat nadat Bakgat! 2 selfs meer suksesvol as Bakgat! 1 was, het hulle gevoel dat hulle dit verskuldig was aan die gehoor om die storie mooi af te rond met 'n derde film. "Vir my persoonlik was die geleentheid om as vervaardiger die eerste Afrikaanse trilogie te vervaardig net te groot om verby te laat gaan"
se Bester.
Is daar 'n gelukkige einde wat vir Wimpie en Katrien en die res van die Bakgat! bende wag?
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 4 months ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 4 months ago