Stefan Ludik in die gesig gepot
Updated | By MornéJK
Sanger en akteur, Stefan Ludik is die naweek deur 'n onbekende konsertganger in die gesig geslaan, vir geen rede nie.

Volgens berigte het 'n man Stefan die afgelope naweek tydens 'n konsert aangeval terwyl he besig was om CDs te verkoop en te teken.
Stefan het die volgend op Facebook gedeel:
Vrinne, ons is nou oppad na die Vaalwater Boeredag!
Baie dankie vir almal wat ons show kom kyk het gisteraand in Sasolburg julle was awesome!
Vanaand is De La Rey nie die enigste een met 'n sonbril op die verhoog nie. Selfs by 'n Elvis se Seun show kan iemand jou met 'n onverwagse vuishou pot van die kant af terwyl jy halftyd CDs teken. Jaloesie? Of dalk het ek nie sy CD mooi geteken nie? Ons weet nie, maar "the show must always go on!" Het 'n ysblokkie opgesit en toe weer gaan "show" vir rondte twee.
Tenspyte van die bietjie drama het ons 'n lekker show verder gehad te danke aan almal se gees en gasvryheid. Maak nie saak wat nie, niks stop ons Boere Rockers nie.
Show's Stories
-
WARNING: Pretoria parents urged to beware of increase in chi
Here's what you need to know about the spike in child kidnappings in Pre...
Breakfast with Martin Bester 2 weeks, 3 days ago -
LISTEN: Rope Runner Marissa Groenewald's fight against human
The powerful reason Marissa is so passionate about 'rope running'.
Breakfast with Martin Bester 2 weeks, 3 days ago