Skokverhaal onthul: 'My pa het my nie verkrag nie'
Updated | By Jacaranda FM
Agt jaar lank baklei 'n pa al om sy onskuld te bewys nadat hy skuldig bevind is daaraan dat hy sy eie dogter verkrag het. Hy is in 2012 lewenslange tronkstraf vir sy beweerde dade opgelê. Maar sy dogter het intussen verklaar hy het dit nie gedoen nie.
Dié skokverhaal is die fokus van 'Onthul: My Pa Het My Nie Verkrag Nie', ’n ondersoekende nuusdokumentêr deur die vervaardigers van die Showmax-treffer 'Devilsdorp'.
LEES: 'Binnelanders' se Cindy Swanepoel vind liefde by mede-akteur
Die uur lange dokumentêr ondersoek hoe dit gebeur het dat Abrie Raaths skuldig bevind is op vier aanklagte van verkragting en twee van seksuele aanranding van sy dogter, Megan Raaths, wat tydens die beweerde gebeure in 2009 net nege jaar oud was. Abrie Raaths is vier keer lewenslank tronkstraf opgelê.
Sy dogter veg nou dat hy vrygelaat word.
In haar ontstellende vertelling op kamera sê Megan sy is destyds as klein dogtertjie deur ’n maatskaplike werker voorgesê om in die hof te getuig dat haar pa het haar verkrag het. Verskeie ander pa’s vertel hoe ook hul gesinne uitmekaargeskeur is nadat ongegronde klagtes van seksuele misbruik teen hulle gelê is deur hul jong kinders wat deur dieselfde maatskaplike werker bygestaan is.
LEES: Simoné Pretorius gesels oor ma-wees, Mej. Suid-Afrika en die toekoms
Die Sondagkoerant Rapport het aanvanklik oor die skandaal berig.
Inge Kühne, redakteur van Rapport, en Antoinette Slabbert, ’n senior joernalis, verduidelik waarom hulle lont geruik het nadat Raaths aanvanklik gevonnis is. Die privaat ondersoeker Leon Nel verklaar ook waarom hy besluit het om die Raaths-familie te help om hul pa se onskuld te bewys.
Die saak is op pad na die hoogste hof in die land.
LEES: Waldimar Pelser: Ontmoet kykNET se nuwe hoof
“Net soos wat lewens vernietig word deur seksmisbruik wat sonder ingryping voortduur, word gesinne uitmekaargeskeur wanneer beskuldigings van seksuele misdrywe gemaak word sonder genoegsame bewyse, of sonder dat die regte prosesse gevolg word,” sê Waldimar Pelser, M-Net se direkteur van kykNET-kanale.
“Nadat Rapport oor die Raaths-voorval berig het, het ons een van die land se beste dokumentêre spanne gevra om die saak te ondersoek sodat ons die stemme kan hoor van diegene wat ernstige beskuldigings maak, en diegene wat volhou hulle is onskuldig. Dis noodsaaklik om uit te vind wat het regtig gebeur.”
Skakel Sondag 10 Julie om 20:00 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die opspraakwekkende dokumentêr 'Onthul: My Pa Het My Nie Verkrag Nie'. Dit sal ook op DStv Catch Up beskikbaar wees.
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 3 months ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 3 months ago