Gauteng én Pretoria spog met die meeste SARIE Voorbladgesig inskrywings
Updated | By Jacaranda FM
SARIE Voorbladgesig is terug en is op soek na die 11de wenner vir die gesogte Oktober-voorblad - en dit kan jy wees!
SARIE vier nie net vanjaar haar 70ste verjaardag nie, maar is ook op soek na die 11de Voorbladgesig-wenner.
Laasjaar het Emari Gieselbach (35), ma van twee van Centurion as die gesogte wenner weggestap. Gieselbach is 'n kunsonderwyseres by Sutherland High School.
Kyk na die wenoomblik hier:
LEES OOK: WATCH: Centurion mom of two, now magazine cover star
Maar nou is dit jóú kans! SARIE het onlangs aangekondig dat Gauteng die provinsie met die meeste inskrywings is. Die stad wat sover voorloop met die meeste inskrywings is Pretoria.
Johannesburg en Centurion is ook van die stede met van die meeste inskrywings.
View this post on InstagramA post shared by SARIE Tydskrif (@sarietydskrif) on
View this post on InstagramA post shared by SARIE Tydskrif (@sarietydskrif) on
Skryf nóú in met jou mooiste foto's.
View this post on InstagramA post shared by SARIE Tydskrif (@sarietydskrif) on
Maar wat maak SARIE Voorbladgesig vanjaar anders?
Vir die eerste keer is daar geen ouderdomskategorieë nie. Die Voorbladgesig-soektog word nie vir televisie verfilm nie en sal gebruik maak van hul eie digitale platforms.
Só hoe werk dit? Alle dames móét minstens 18 jaar oud wees en matriek voltooi het. Die beoordeelaars kies 36 semifinaliste wat in SARIE se Julie-uitgawe sal verskry. PLUS, vier wat die meeste stemme op voorbladgesig.sarie.com gekry het. Uit dié 40 finaliste kies beoordeelaars tien finaliste wat in die September-uitgawe sal verskyn.
Só, sal Gauteng weer die gesogte titel neem?
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 1 month ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 1 month ago