Refentse se album bereik dubbel platinum
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger, Refentse Morake se debuut album, My Hart Bly In 'n Taal het dubbel platinum status bereik. Dit is selde dat 'n intree kunstenaar hierdie status in minder as 'n jaar bereik, soos die geval is met Morake.
Refentse Morake se loopbaan het vlamgevat nadat 'n video van hom wat sing, op sosiale media gepubliseer is.
Hy was 17 toe hy in die tuin van sy ouerhuis in Unitapark in Vereeniging deur 'n ou dame afgeneem is terwyl hy gesing het.
Die Facebookvideo is meer as 30 000 keer gekyk en gedeel op die eerste dag wat dit aanlyn verskyn het.
Kort voor lank is hy 'n platekontrak deur Select Musiek aangebied.
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 2 months ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 2 months ago