Quanita Adams praat oor komplekse 'Arendsvlei'-karakter, ma-wees

Quanita Adams praat oor komplekse 'Arendsvlei'-karakter, ma-wees

Aktrise Quanita Adams praat oor haar rol in die gewilde kykNET-telenovela 'Arendsvlei', en oor haar ervaring met ma-wees. 

Quanita Adams
kykNET/ Quanita Adams as Ma Laetitia in 'Arendsvlei'

Quanita Adams is een van Suid-Afrika se mees gewildste aktrises. 

Adams is veral bekend vir haar rol in 'Sara Se Geheim' as Lizzy en vir haar komplekse karakter in 'Arendsvlei' as Laetitia.

In 2019, het Adams haar verskyning gemaak in die kykNET-telenovela as die vreemde vrou sonder geen huis of familie. 

Deur die loop van die verhaal, het Laetitia en Daniel Lafras (Cantona James) se paaie gekruis. Na 'n vreemde ontmoeting, het die twee 'n hegte band gevorm en begin lief raak vir mekaar. 

LEES: "Ek wil begin werk skep" - Simoné groet 'Binnelanders', maak reg vir nuwe hoofstuk

Laetitia het vir Daniel of soos sy hom noem, Shanetjie, ingeneem en saam was hul 'n familie. 

Laetitia het 'n geskiedenis wat nog nie bekend is aan die kykers nie, maar wat die res van die 'Arendvlei'-gemeenskap weet, is dat Laetitia nie geestelik gesond is nie. Beatrice Abrahams (Jolene Martin), die skoolhoof van Hoërskool Arendsvlei het onlangs vir beide Daniel en Laetitia ingeneem in haar sorg. 

Quanita Adams & Jolene Martin
kykNET/ Quanita Adams as Ma Laetitia en Jolene Martin as Beatrice Abrahams in 'Arendsvlei'

In Woensdagaand se episode, het Laetitia erken dat sy hulp nodig het, want iets binne haar is 'stukkend.'

Jacaranda FM se Dean Paulse gesels met Quanita Adams oor haar komplekse karakter. 

Volgens Adams was dit 'n uitdaging om die rol van Laetitia te vertolk. "Dit was 'n uitdaging, maar ook die beste uitdaging om hierdie karakter uit te beeld." Laetitia vertel die verhaal van soveel vroue wat deur verskillende omstandighede hulself op straat bevind, wegdryf, en vasklou aan die oorblyfsels van hul geestelike stabiliteit. 

"Ek neem die rol baie ernstig op, aangesien daar baie min geleenthede is om 'n lig op hierdie vroue te laat skyn."

"Dit het my anders laat dink oor dinge. Selfs dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar, soos byvoorbeeld vroulike higiëne."

"Dit het my daartoe gelei om anders oor hawelose mense te dink." 

Volgens Adams, het die rol haar lewe verseker verander. "Dit is nie so maklik om net 'n uitgestrekte hand van die hand te wys nie. Mense word tot desperate maatreëls gedryf. Ek beskou haweloses, veral vroue, nou anders. En ek probeer harder. Ek probeer om nie weg te draai nie. Ek probeer gee wat ek kan, soos en wanneer ek kan."

Quanita Adams
kykNET/ Quanita Adams as Ma Laetitia in 'Arendsvlei'

"Daar is so baie Laetitia's daar buite. Ons moet plek maak vir elkeen se storie," meen Adams.

"Ek dink simpatie en empatie is 'n poort na begrip. En dan kom daar met begrip 'n beweging vorentoe, nader aan mekaar, om 'n gedeelde mensdom te erken. En dit is 'n groot ding."

Adams meen dat geestelike gesondheid baie ernstig opgeneem moet word, veral in gemeenskappe waar toegang tot hulpbronne nie so maklik beskikbaar is nie. 

"Wat ek by Laetitia geleer het is dat ek nooit in 'n pyp sal kan woon nie," lag sy. 

Deur die tydperk wat Adams die rol van Laetitia vertolk het, het sy geleer dat mens jou geestelikegesondheid ernstig moet opneem. 

Sy het ook geleer dat 'n ma enigiets vir haar kinders sal doen om hulle te beskerm. 

"Ek hoop dat die storie van Laetitia, mense en veral vroue daar buite sal help om hul geestesgesondheid sal ernstig opneem."

Quanita Adams
kykNET/ Quanita Adams as Ma Laetitia in 'Arendsvlei'

Eerste keer ma-wees 

"My hele lewe het verander. Ons slaap nie! Sy is oulik, so ons gaan haar hou," lag sy. 

As 'n nuwe ma, is hierdie periode vir Adams 'n groot leerskool. Dit het haar ook geleer dat sy kan funksioneer op min slaap en om hulp by ander te vra. 

Haar grootste wens vir haar dogtertjie? 

"Ek hoop dat sy eendag haar plekkie sal vind. Dat sy sal floreer. Haar naam, Alia, beteken die greatness, en ons opregte en diepste wens vir haar is dat sy die belofte van haar naam vir haarself nakom. Vir ons het sy al die grootste dinge wat met ons gebeur het."

Show's Stories