Nuwe kykNET TV-reeks wil jou help liefde vind

Nuwe kykNET TV-reeks wil jou help liefde vind

Is jy weer opsoek na liefde? Wel, kykNET het net die regte maatsoekprogram vir jou!

kykNET
Verskaf

Liefde vind is nie aldag maklik nie en hierdie nuwe realiteitsformaat bied vir elke moontlike pot die kans om hul deksel eers behoorlik uit die boom te kyk voor hul vir die eerste keer ontmoet. 

In Hoor my, sien my, soen my kry voornemende pasmaats die geleentheid om mekaar beter te leer ken deur ‘n dag saam te spandeer, maar mekaar nooit in lewende lywe te sien nie.

LEES OOK: KYK: Hykie Berg vind weer liefde na pynlike egskeiding

In die reeks, gebaseer op die internasionale treffer-reeks, 'Hear me, love me, see me 'sal deelnemers op ‘n virtuele toe-oog afspraak met drie potensiële pasmaats gaan. Deur middel van die lyfkameras wat die pasmaats dra, sal die deelnemer ‘n blik op elk van hulle lewens kry.

 Só leer ken die betrokke partye mekaar en kry die geleentheid om te gesels en te flankeer - sonder om ooit te sien hoe die ander een lyk! Aan die einde van die dag, na drie toe-oog afsprake, besluit die deelnemer met watter pasmaat hy of sy meer tyd wil spandeer. Dan volg die oomblik waar die deelnemer vir die eerste keer die drie pasmaats van aangesig tot aangesig ontmoet.

LEES OOK: Meet the Miss SA semi-finalists

Inskrywings is oop vir enige Suid-Afrikaners op soek na liefde en bo die ouderdom van 18. Voornemende deelnemers en pasmaats het tot 18 Augustus 2019 om in te skryf deur die vraelys op kykNET se webwerf in te vul en ‘n kort video in te stuur. Pasmaats sal volgens voorkeure en belangstellings gepaar word en suksesvolle kanidate sal deur die produksiemaatskappy gekontak word.

 Net suksesvolle aansoeke sal gekontak word.

SKRYF NOU IN HIER!

Show's Stories