'Maak My Famous' neem ’n produksiebreek

'Maak My Famous' neem ’n produksiebreek

Emo Adams het bekend gemaak dat die talentkompetisie vanaf volgende week ‘n produksiebreek sal neem.

Maak My Famous
Instagram/ Emo Adams

Ná nog ’n opwindende episode van 'Maak My Famous' toe die Top 10 amptelik aangewys is, het Emo Adams ook bekend gemaak dat die talentkompetisie vanaf volgende week ‘n produksiebreek sal neem.

Dis toe Emo, aanbieder van 'Maak My Famous', gisteraand die seisoen 2 deelnemers weereens verras met die Geld of Geleentheid-segment waar al vier deelnemers besluit het om die geleentheid met albei hande aan te gryp.  

LEES: kykNET se 'Suidooster' verwelkom nuwe akteurs

In die Geld of Geleentheid-segment word die katagoriewenners van die aand ‘n kotantbedrag van R20 000 aangebied. Hulle moet dan besluit of hulle die kontant van die hand wil wys en aanbly in die kompetisie, of eerder die kontantbedrag wil neem en hul plek in die kompetisie prysgee.

Daylin Sass, Emma Ellis, Ayden en Tamaryn en Jayson Kleinschmidt het besluit om aan te bly in die kompetisie, terwyl Die Wesso’s die Emo ticket gekry het. Hulle sal nou by Gideon Lottering, Henrico Coetzer, Reggie B, Nicoleen Saal en DfeatSA in die TOP-10 aansluit.

En ná hierdie hartroerende episode het Emo ook amptelik die nuus gebreek dat Maak My Famous 2 vir agt weke op ’n beplande produksiebreek sal gaan – ’n tydige en onafwendbare besluit weens die globale Covid-19-pandemie. 

LEES: “Dit laat my hart vinniger klop” – Leandie du Randt terug op die kassie

Die tweede seisoen van 'Maak My Famous' was soos oudergewoonte voor ’n gehoor by die Roxy Revue Bar in Grandwest Casino verfilm voordat die nasionale inperking weens die pandemie deur President Ramaphosa aangekondig is. En ingenome die maatreëls wat as wetgewing voorgeskryf was, moes deelnemers en lede van die produksiepan verfilming aan dié talentkompetisie onmiddellik stop en terugkeer na hulle verskillende provinsies.

Vanaand se episode van 'Maak My Famous' was dus die laaste episode van die reeks wat uitgesaai sal word.

Die kompetisie sal weer vanaf 5 Augustus 2020 regstreeks uitgesaai word waarin die Top-10 behoorlik dinge sal uitspook voordat die wenner van die tweede seisoen by ’n ongelooflike finaal aangewys sal word.

'Maak My Famous' word Woensdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, en 21:00 op kykNET & kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai.

Show's Stories