kykNET Fiëstas: Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees wen 2019 se Fees van die Jaar
Updated | By Jacaranda FM
Die fees is weer by vanjaar se kykNET Fiëstas as die beste fees in die land aangewys.
Die 10de kykNET Fiëstas is op Sondag 9 Feburuarie 2020 by die Kunstekaap-teater in Kaapstad gehou - hier is al die wenners.
LEES OOK: Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees wen 2018 se Fees van die Jaar
Die gehoor was ook met optredes deur die opera-sanger, Nombulelo Yende, Eet kreef! (Laudo Liebenberg, Frank Freeman, Mikhaela Kruger, Schalk van der Merwe en Sheldon Yoko), komediant Ian Young, die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes, die Cape Town Opera Chorus en die New World Dance Theatre bederf.
In ‘n land met só komplekse verlede, en soveel uitdagings wat ons daagliks konfronteer, het kunstenaars ‘n verantwoordelikheid en plig om leiers te wees in hoe ons die toekoms verken en verstaan.- Karen Meiring
Dit was ‘n besonderse aand, met dié dat die tiende bestaansjaar van die kykNET Fiëstas vanjaar gevier word. Dié gesogte toekenningsgeleentheid is in 2010 in die lewe geroep – nie net om erkenning te gee aan grensverskuiwende en gehaltewerk wat op feesverhoë op- en uitgevoer word nie, maar ook om saam met ander rolspelers die skep van kreatiewe werk in Afrikaans te koester en te bevorder.
Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees het weggestap met die trofee vir fees van die jaar. Dié toekenning is gegrond op stemme van die publiek wat vir 2018 se feeste van regoor die land kon stem.
En die ander wenners is...
BESTE AKTEUR:
Brendon Daniels – Queenie hulle
BESTE AKTRISE:
Antoinette Kellerman – Koningin Lear
BESTE MANLIKE BYSPELER:
Edwin van der Walt – Koningin Lear
BESTE VROULIKE BYSPELER:
Devonecia Swartz - Jakkals en Wolf Onbeperk
BESTE REGIE:
Brett Bailey – Samson
BESTE TEATERONTWERP:
Wolf Britz – Statements After an Arrest Under the Immorality Act
BESTE SPEL IN ’N SOLO-VERTONING:
Sandra Prinsloo – Kamphoer - die verhaal van Susan Nell
BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE TEKS:
Christo Davids en Lloyd Davids – Queenie-hulle
BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR:
Cantona James – In Slawenhuis 39 & Jakkals en Wolf Onbeperk
BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK:
José Dias – Hulde aan Nellie du Toit
BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS:
Jean Theron Louw (beeldhouer) – My Afrika-wildehonde
BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – BUITELUG:
kykNET-Verjaarsdagkonsert
BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – PODIUM:
Eet Kreef! (Frank Freeman & Etienne van Rooyen)
BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – TEATER:
Samson
BESTE AANBIEDING:
Queenie-hulle
BESTE DUO OF ENSEMBLE:
Jakkals en Wolf Onbeperk
BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN Ń BESTAANDE WERK:
Koningin Lear
BLOU FIËSTA:
reWOLusie
LEWENSBYDRAE TOT TEATER:
Elize Cawood
Janice Honeyman
Pieter-Dirk Uys
Virginia Davids
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 3 months ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 3 months ago