KYK: Drie voormalige '7de Laan'-akteurs nou te sien in gewilde sepie

KYK: Drie voormalige '7de Laan'-akteurs nou te sien in gewilde sepie

Drie van '7de Laan' se voormalige akteurs is tans te sien in 'n gewilde kykNET-sepie.

Francois Lensley
Verskaf/ WesLou Visuals

Drie van '7de Laan' se oud-akteurs is tans te sien in die gewilde kykNET-sepie, 'Getroud Met Rugby'. 

Volgens, Michelle Nortje, hoof van bemarking by 'Getroud Met Rugby', sal al drie dié akteurs in die sepie te sien wees tot 30 September. 

LEES: 'Binnelanders' en 'Legacy' se Mila Guy smoorverlief

Die gewilde sepie sal einde September tot 'n einde kom. 

Hier is die drie akteurs wat tans in die sepie te sien is: 

André Lötter as Chris Fourie: 

Chris Fourie is ’n voormalige MMA fighter, maar is nou ’n persoonlike afrigter wat op kondisionering en selfverdediging. Sy dienste is duur, maar hy is bitter goed en passievol oor sy werk.  

Andrë Lötter
Verskaf/ WesLou Visuals
Markus Haywood as Philip 'Flip' Strauss

Philip (Flip) Strauss is die nuwe speler (vleuel) by die Stryders en ook ’n player. As gevolg van die hoë egskeidingsyfer glo hy nie in die huwelik nie. Hy het baie selfvertroue en probeer verskeie meisies/vroue se aandag trek. 

Markus Haywood
Verskaf/ WesLou Visuals
Francois Lensley as Wouter Oberholzer: 

Wouter Oberholzer is die Stryders se nuwe assistant-afrigter, en ook Lulu (Ansu Visser) se nuwe love interest. Hy is in 2019 geskei en het twee kinders uit die huwelik – Michelle (7) en Waldo (8) wat by hulle ma woon. Wouter is ’n ervare rugbyman - dit is sy roeping. As ’n suksesvolle voormalige rugbyspeler, het sy rol as afrigter maklik gebeur. Aan die einde van 2019 (ses maande na sy egskeiding) Ierland toe waar hy ook ’n assistant-afrigter was. Hy is gaaf, hardwerkend en baie volwasse. 

Francois Lensley
Verskaf/ WesLou Visuals

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories