Flooze nou ook 'n aanbieder
Updated | By MornéJK
Sorina Erasmus, beter bekend as "die Flooze" is aangewys aan aanbieder van 'n nuwe Afrikaanse realiteitsprogram wat eersdaags op kykNET te sien sal wees.

"Ons sprokiesbruilof" is 'n splinternuwe werklikheids TV program wat vroeg volgende jaar uitgesaai gaan word en volg 'n rits gelukkige paartjies van die voorbereiding na die altaar en tot by die onthaalmakietie daarna.
Almal ken Sorina as Witbank se Flooze in 7de Laan. In die regte lewe is sy egter ook 'n kunstenaar en sanger wat haar eie musiek skryf en sing.
Sy is welbekend in die Afrikaanse musiekwêreld en het verskeie toekennings ontvang vir haar twee albums getiteld Hoezit, my tjomma en Ek watch jou.
LEES OOK: Lekker Celeb: Sorina "Flooze" Erasmus
Met haar nuwe album, Hoofletters, beweeg sy weg van die Flooze-beeld en wys sy die regte Sorina.
Maar Sorina is nie net 'n suksesvolle aktrise, talentvolle sanger en mooi gesig wat mense gereeld met haar ernstigheid en opregte menswees verras nie - sy het nog 'n meestersgraad in regte ook agter haar naam.
Dat sy in haar nuwe rol as aanbieder van Jou sprokiesbruilof 'n treffer gaan wees, lyk na 'n uitgemaakte saak.
As jy en jou verloofde 'n interessante storie het om te vertel en boonop vriende en familie het wat op TV sal skitter gaan gerus na kykNET se webwerfvir meer.
Show's Stories
-
WARNING: Pretoria parents urged to beware of increase in chi
Here's what you need to know about the spike in child kidnappings in Pre...
Breakfast with Martin Bester 3 weeks ago -
LISTEN: Rope Runner Marissa Groenewald's fight against human
The powerful reason Marissa is so passionate about 'rope running'.
Breakfast with Martin Bester 3 weeks ago