“Dit laat my hart vinniger klop” – Leandie du Randt terug op die kassie

“Dit laat my hart vinniger klop” – Leandie du Randt terug op die kassie

Die beeldskone en talentvolle Leandie du Randt is terug op die kassie - sy vertel ons bietjie meer oor haar nuwe avontuur.

Leandie du Randt
Instagram/ Leandie du Randt

Vervaardiger, entrepreneur en aanbieder - is maar net 'n paar hoede wat Leandie du Randt dra. Du Randt is natuurlik ook 'n talentvolle aktrise met 'n string toekennings en suksesvolle flieks agter haar naam.

LEES: SARIE Voorbladgesig vier 10 jaar, PLUS nuwe opwindende wedstryd!

In 2019, is Du Randt ook aangewys as een van die Mej. Suid-Afrika beoordeelaars en sy moes deur duisende inskrywings werk om die perfekte Top 16 te kies.

En nou is Leandie du Randt deel van ‘n splinternuwe musiekprogram op kykNET, ‘Kom Ons Jol’ saam met Hamilton Wessels.

Jacaranda FM se Dean Paulse het met haar gesels om meer uit te vind oor die opwindende program en haar lewe gedurende die nasionale staat van inperking.

“Dit is so lekker om weer op die kassie te wees. Ek was baie lanklaas op TV – so dit is regtig lekker om te doen wat my hart vinnig laat klop.”

Leandie het ook erken dat dit haar eerste keer is om regstreekse TV aan te bied. “Dit is ‘n verskriklike groot uitdaging, maar nou leer ek ook ‘n nuwe skill.

LEES: Van plaasseun tot akteur: Ontmoet die nuwe gesig in 'Getroud Met Rugby'

Saam met Leandie op ‘Kom Ons Jol’ is Hamilton Wessels. Die musiekprogram word regstreeks uitgesaai en dit gee kykers die geleentheid om saam die die aanbieders te kommunikeer. 

“Hy is 'n baie aangename knap. Hy bied die program baie goed aan en ek hou van die energie wat hy bring tot die program.”

Die film- en TV-industrie in Suid-Afrika het die groen lig gekry om aan die einde van April te heropen, maar 'n paar dinge moes verander. Die televisieproduksiebedryf mag slegs onder streng riglyne en regulasies funksioneer tydens vlak 4 van die inperking.

“Ek moet heeltyd my permit by my hê. By die studio is daar ook maatreëls – ons moet heeltyd maskers dra en daar is net een dame wat ons mag help met tee en koffie.” 

“Dit is ook net so vreemd want ons mag nie naby mekaar wees nie. Dit voel asof mens van jou menswees gestroop word.”

Leandie noem ook dat die inperking haar nog nie negatief beïnvloed het nie. Volgens Du Randt, het die inperking goed gedoen vir haar aanlynbesigheid, 'To Be.'

Omdat niemand mekaar mag sien nie, was daar ‘n groot aanvraag vir geskenkbokse.

“Ons het baie besig geword gedurende dié tyd, en ek is ongelooflik dankbaar daarvoor.”

LEES: "Ek is nou op die sepie waarmee ek groot geword het" - Mila Guy kuier in '7de Laan'

Dit het haar ook toegelaat om haar motiveerende toesprake aanlyn te doen. "Dit gee nou vir almal die geleentheid om deel te wees van my praatjies. Dit is iets wat regtig na aan my hart lê.”

Leandie maak ook seker dat sy ‘n af tydjie het gedurende haar besige skedule. “Sondae spandeer ek in die bed met ‘n pak tjips met ‘n TV-reeks.” 

Wat lê nog voor vir Leandie du Randt?

“My aanlynbesigheid hou my baie besig. Einde Julie skiet ek ook ‘n film, so mense kan uitsien na dit.”

Show's Stories