LUISTER Disney+ bring nog stroom towerkuns na Suid-Afrika, hoe om by te bly

LUISTER Disney+ bring nog stroom towerkuns na Suid-Afrika, hoe om by te bly

Daar is geen gebrek aan die string nuwe reekse en rolprente en dokumentêre programme wat nou in ons land aanlyn gekyk kan word nie, maar terselfdertyd word dit al moeiliker om by te bly.

disney+
https://techcentral.co.za/

Maak reg om nog 'n stroom platform in jou wêreld van vermaaklikheid te verwelkom, met die nuus dat Disney+ in Mei in Suid-Afrika loods.  

Disney+ het aangekondig dat dié stroom platform van The Walt Disney Company op 18 Mei 2022 in Suid-Afrika gaan loods as deel van 'n wêreldwye veldtog waarin dié diens ook beskikbaar gaan wees in 42 ander lande en 11 nuwe gebiede. 

In haar weeklikse podgooi, Streaming Now!, praat Gerda de Sousa met onafhanklike TV analis, Thinus Ferreira, oor hoe om seker te maak jou familie bly by met die jongste kykstof, terwyl jy ook weet waarvoor jy betaal. 

Hier by ons, gaan Disney+ R119 per maand kos, of R1 190 for 'n jaarlikse intekenaar.

Suid-Afrikaanse stroom kykers het reeds toegang tot internasionale platforms soos Netflix, Amazon Prime Video, Apple TV+ en Britbox, terwyl die MultiChoice Group ook meer plaaslike vermaaklikheid bied op Showmax. 

amazon prime
amazonprimevideo.com
Netflix logo
brand.netflix.com
britbox
bbc.com

Ferreira sê dis nou tyd dat ons leer hoe om al dié platforms te bestuur en die meeste te maak van elke intekening.

Die belangrikste wenk is om te weet dat jy nie elke maand hoef te betaal vir 'n platform as jy dit nie kyk nie.

Verbruikers het die vryheid om in te teken, dit te stop as jy voel daar is niemand in jou huis wat dit kyk nie en dit dan weer te betaal wanneer daar nuwe reekse is wat iemand wil kyk.

Dis 'n bietjie soos om jou koskas heeltyd te moet regpak, sê Ferreira.

En ja, dit gaan aanvanklik tyd vat om die administrasie van al die stroom dienste in lyn te kry, maar dis nodig want hierdie is ons voorland as dit kom by in-huis vermaak.

Bly in kontak met my by [email protected]

Show's Stories