Blackbyrd sanger nou ook op die kassie
Updated | By MornéJK
Die hoofsanger van die gewilde groep BlackByrd, Tarryn Lamb, sê dit is 'n droom om 'n rol te kan vertolk in die kykNET reeks Suidooster.
Met 7 SAMA nominasies en 8 nommer een treffers agter die blad is televisie 'n natuurlike volgende stap vir die donkerkop.
"Ek is so opgewonde om deel te wees van die span. Dit is 'n amazing geleentheid om saam met talentvolle akteurs te werk," vertel sy aan MornéJK.
Tarryn sê sy vertolk 'n raaiselagtige karakter wat dinge bietjie omvêr gaan gooi op die gewilde televisie reeks.
Haar karakter Kim het in 'n arm huis grootgeword maar besit nou 'n nagklub.
"Dit is 'n droom wat waar geword het vir my en ek het al van kleintyd af opvoerings gedoen waaring ek act, dans en sing," sê Lamb.
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 2 months ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 2 months ago