Bekendes bring hulde aan TV- en radiolegende, Margot Luyt
Updated | By Jacaranda FM
Die veteraan-omroeper en aktrise, Margo Luyt, is oorlede. Sy sal altyd onthou word vir haar ongelooflik en waardevolle bydrae tot die Afrikaanse media landskap.
Die veteraan-omroeper en aktrise Margot Luyt (73) is Dinsdag aan COVID-19 oorlede.
Luyt was veral bekend vir haar TV-rolle in reekse soos 'Amalia', 'Soutmansland', 'Arende', 'Agter Elke Man', 'Geraldina' en Sara Se Geheim'.
LEES OOK: Dewald Wasserfall bring hulde aan oorlede ma in nuwe musiekvideo
Die plaaslike omroeper en aktrise is vanaf 1978 by radio en televisie betrokke en het in haar loopbaan verskeie Artes-toekennings gewen. In 2020 het sy ’n ATKV-eerbewys vir lewenslange bydrae op die ATKV-mediaveertjies gekry.
Luyt, wat aan Parkinson siekte gely het, het tot haar dood in 'n atreeoord in Durbanville gewoon.
Well-known SABC radio personality, drama director and actor, Margot Luyt has died. She suffered from Parkinson's disease...
Posted by SABC News Western Cape on Tuesday, 19 January 2021
Huldeblyke stroom in
Huldeblyke het sedert die nuus gebreek het op sosiale media ingestroom.
"Het baie by haar geleer, hoewel ek soms lekker bang was vir haar. As Margot gepraat het, het jy geluister. Margot met die groot hart, mag jy in vrede rus," het Margit Meyer-Rödenbeck op haar Facebook-bladsy geskryf.
Kan nie glo Margot Luyt is oorlede nie. Het baie by haar geleer, hoewel ek soms lekker bang was vir haar. As Margot gepraat het, het jy geluister. Margot met die groot hart, mag jy in vrede rus.
Posted by Margit Meyer-Rödenbeck on Tuesday, 19 January 2021
Amanda Strydom het ook 'n boodskap aan die veteraanaktrise op sosiale media gedeel: "Nog 'n groot boom het geval - rus in vrede , liefste Margot Luyt , dit was 'n voorreg om jou te ken , saam met jou te werk , te lag en te huil."
Nog 'n groot boom het geval - rus in vrede , liefste Margot Luyt , dit was 'n voorreg om jou te ken , saam met jou te...
Posted by Amanda Strydom on Tuesday, 19 January 2021
Wat 'n verlies vir radio, TV en veral vir #Afrikaans. https://t.co/5Rs1tLJh8I via @Netwerk24
— Johanna van Eeden (@JohannavanEeden) January 19, 2021
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 2 months ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 2 months ago