Annelisa Weiland bied 7de Laan vaarwel

Annelisa Weiland bied 7de Laan vaarwel

Annalisa Weiland, wie die karakter van Hilda de Kock in die Afrikaanse sepie, '7de Laan' vertolk het die draaiboek ingegee - en gaan binnekort in 'n ander gewilde sepie speel.

Annalisa Weiland
Annalisa Weiland / Facebook.

Vanaf die eerste episode van die gewilde SABC 2 sepie, '7de Laan' het Annalisa Weiland se karakter Hilda in kykers se harte gekruip.

LEES OOK: Brümilda van Rensburg en Annelisa Weiland spog met splinternuwe kykNET-reeks

Hilda, wat al nagenoeg 19 jaar op die kassie te sien is, sal aan die einde van September 7de Laan groet.

Weiland wie tans te sien is as Annatjie in die nuwe kykNET komedie, LUI MAAR OP, BELINDA  sal vanaf November 'n permanente rol in SUIDOOSTER ook vertolk!

'Welkom Annelisa!' het die sepie op hul facebook-blad aangekondig:

Suidooster is 'n Afrikaanse sepie wat op kykNET en kykNET & Kie uitgesaai word.

Show's Stories