'7de Laan' se Dezi Terreblanche keer terug na die kassie

'7de Laan' se Dezi Terreblanche keer terug na die kassie

Elma Postma wat die bekende rol van Dezi Terreblanche in '7de Laan' vertolk het, vertolk nóú die rol van Minette van den Berg in 'n gewilde kykNET-sepie. 

Getroud Met Rugby
Verskaf/ WesLou Visuals

Elma Postma is veral bekend vir haar rol as Dezi Terreblance in die SABC2-sepie, '7de Laan'.

LEES: Springbok Frans Malherbe is verloof

Na haar tyd in die gewilde sepie, was sy aangewys as die eerste aanbieder van die realiteitsprogram, 'Boer Soek 'n Vrou'. 

Maar nou is sy ook te sien in die kykNET-sepie, 'Getroud Met Rugby', as Minette van den Berg. 

Minette van den Berg se ma, Esmé van den Berg, is drie maande terug oorlede. 

LEES: 'Binnelanders' se Cindy Swanepoel en mede-akteur smoorverlief

Na haar ma se dood het Minette tussen haar papiere bewyse gevind van wie haar pa was. Tot en met haar dood was Esmé se storie dat Minette se pa ’n man was met wie Esmé ’n paar weke lank ’n verhouding gehad het, totdat hy in ’n ongeluk oorlede is. 

Esmé het eers na sy dood besef sy is swanger. Omdat hul verhouding so kort was, en hulle nie verloof of getroud was nie, het Esmé vir Minette haar eie van - Van den Berg - gegee.

LEES: Drie voormalige '7de Laan'-akteurs nou te sien in gewilde sepie

Maar, toe Minette deur Esmé se dokumente werk, het sy op ’n ou tassie afgekom waarin sy briewe tussen ’n man - Alfonso Beltrame, en Esmé gevind het. Vanuit die inhoud van die briewe kon sy aflei dat haar ma ’n verhouding met Alfonso Beltrame gehad het. Sy het besluit om ’n privaat-speurder te kry om navorsing te doen en daar is bewys dat Fafa se pa ook Esmé se pa is. 

Al kom Minette voor as ’n gawe, vriendelike persoon het sy ’n plan om erfgrond (wat Fafa altyd gedink het syne was) oor te neem. 

Kykers sal moet kyk om te sien hoe dinge uitspeel… 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories