KYK: Leah en Lee Scott snoer saam vir aanlynkonsert, 'Battle of the Voices'

KYK: Leah en Lee Scott snoer saam vir aanlynkonsert, 'Battle of the Voices'

Gedurende dié produksie daag die twee musiekvriende mekaar uit om ’n paar moderne pop-treffers van die teenoorgestelde geslag te sing - en altwee kwyt hulself uitmuntend van hul taak. 

LEAH LEE SCOTT
Verskaf.

Wanneer Leah en Lee Scott kragte saamsnoer in hul produksie, 'Battle of the Voices', is dit ’n kragtoer van groot internasionale treffers wat deur dié twee talentvolle sangers vertolk word. 

Op Sondag, 13 September om 17:00, kan aanhangers dié produksie weer geniet - met nuwe repetoire wat slegs eenmalig aanlyn beskikbaar sal wees. 

LEES OOK: Lee Scott terug met nuwe musiekvideo, 'VRY'

'Battle of the Voices' is vir my elke keer ’n hoogtepunt om saam met my vriend en kollega Lee te sing wat my omtrent op my tone hou met sy uitdagings en ongelooflike stem,” het Leah vertel.

Keurspelle van immergroen treffers sal kykers op ’n nostalgiese reis neem en die voete laat jeuk terwyl sielvolle ballades weer die hart sal aanraak.

“Ons doen elke jaar ‘n 'Battle of the Voices'-toer, maar Covid-19 het vanjaar gekeer dat ons die pad kon vat met ‘n nuwe show,” sê Scott.

Dié aanlynkonsert verskil van die toere wat aanhangers al bygewoon het met ’n paar nuwe uitdagings, treffers en kwinkslae van Leah en Lee. Hul eie treffers wat op plaaslike radiostasies gespeel word, is ook in Battle of the Voices ingewerk.

'Battle of the Voices' vind aanlyn plaas op Sondag, 13 September om 17:00 plaas. 

Kaartjies is slégs by Quicket beskikbaar. Volg hierdie skakel om jou kaartjies te koop.

Show's Stories