Heuwels se nuwe album is meer as okay - dis Fantasties
Updated | By MornéJK
Die Afrikaanse indie-rock groep Die Heuwels Fantasties is terug met 'n splinternuwe album getiteld Okay!

Die nuwe album sal volgende maand tydens 'n konsert by die bekende kuierplek, Weiveld, bekendgestel word.
Volgens die ouens is die nuwe album propvol oorspronklike liedjies uit die pen van Pierre Greef, Hunter Kennedy, Fred den Hartog en Sheldon Yoko.
"Daar is ook 'n paar opwindende duette op die nuwe album saam met kunstenaars soos Valiant Swart, en Hanu de Jongh," sê die groep in 'n persverklaring.

Volgens Pierre het hulle grotendeels inspirasie gekry deur hulself met familie en vriende te omring.
"Ons het 'n ruk lank in Vleisbaai langs die Tuinroete gebly en terwyl ons omring was deur familie en vriende, het ons besluit om te skryf aan nuwe musiek," sê hy.
Daar heers groot afwagting op die nuwe album wat na alle aanduidings meer as net "Okay!" gaan wees.
Hul voring album, Ja. Nee. Lekker is in 2015 uitgereik en het groot opspraak gemaak met treffers, waaronder LED Liefde wat tans op Jacaranda FM gespeel word.
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 9 months ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 9 months ago