Mevrou se gebed word verhoor

Mevrou se gebed word verhoor

Almal is skelms! Niemand gee meer n flenter om vir iemand anders nie… dit voel soms so, maar is dit nie lekker as die teendeel gebeur nie?

Mevrou Episode 10
Dianne Broodryk

Dit klink amper te goed om waar te wees, maar hierdie Mevrouens het dit eerstehands beleef.

In episode 10 van Mevrou Mevrou, deel Gerda de Sousa en Dianne Broodryk presies so 'n storie…

Dit was nie maklik nie en dit was nie mooi nie, maar die storie begin toe een van die Mevrouens besef sy het haar selfoon in 'n groot winkelsentrum se badkamer vergeet!

"Ons kan nie sommer net die ergste aanneem nie! Waar daar lewe is, is daar hoop"… en die Mevrouens spring onmiddellik oor tot aksie.

Hulle haas van die kantoor na die winkelsentrum.

Nes hulle gedink het: Die foon is nie waar sy dit gelos het nie!

Dis so 'n duur ding om te vervang, maar die ergste is al die nommers, inligting en foto's wat nou in 'n oogwink weg is. 

Om nie eers te praat van die ongerief nie… dis 'n katastrofe!

Mevrou begin sommer hardop bid… of is dit vloek of albei?

En toe antwoord 'n stem aan die anderkant: "Hallo, my name is Prayer."

Mevrou episode 10 banner
Dianne Broodryk

Mevrou Mevrou is 'n splinternuwe en oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio-kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met 'n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat alles van mekaar weet, twee ma's wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.

Mevrou Mevrou channel banner
Jacaranda FM

In hierdie eksklusiewe podgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie. 

Luister na die vorige episodes:

Show's Stories