Die onheil van die reeksmoordenaar genaamd Moses Sithole
Updated | By Gerda de Sousa
True Crime South
Africa – die Afrikaanse weergawe se vierde episode vertel die ware misdaad verhaal oor
die donker skadu van onheilspellende moorde wat Moses Sithole oor Suid-Afrika
gegooi en die land se nuwe demokrasie tot stilstand geskok het.
Moses Sithole het sy moord bewind gevoer onder vroue in Atteridgeville, Boksburg en Cleveland, waar hy hulle vir twee jaar soos ‘n roofdier gejag het in die jare 1990s.
Die verwoesting wat hy in hierdie gebiede agter gelaat het, het hom aanvanklik die berugte naam gegee van die 'ABC Moordenaar'. Maar dit is sy regte naam wat vroue en gemeenskappe steeds koue rillings gee.
Dit het vinnig aan die polisie duidelik geword dat dié man nie sou stop nie en die enigste manier om sy gru moorde tot ‘n einde te bring was om hom agter tralies te kry.
Op 21 Oktober 1996 het sy verhoor uiteindelik afgeskop, ‘n jaar nadat hy gevang is. Die hof is met lemmetjies-draad af gesper om te verhoed dat ontstoke lede van die publiek toegang kon kry tot Sithole. Buite het groot groepe vroue elke dag van die verhoor teen hom betoog.
Sithole se skuldig bevinding het bevestig dat hy in die geskiedenis boeke aangeteken sal word as die veroordeelde reeks moordenaar met een van die hoogste slagoffers ooit.
Kyk na die tydlyn wat deur True Crime South Africa verskaf is en die volgorde wys waarin die moorde gepleeg is.
Jacaranda FM se Gerda de Sousa bied dié eksklusiewe Afrikaanse potgooi reeks aan op JacPod, oor opgeloste en onopgeloste misdade wat Suid-Afrika geskok het.
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is 'n nuwe en oorspronklike reeks van ses episodes gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa-reeks.
Luister ook na die vorige episodes:
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 3 months ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 3 months ago