Die Griekwastad moorde – soos jy dit nog nooit gehoor het nie

Die Griekwastad moorde – soos jy dit nog nooit gehoor het nie

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe gaan in episode drie na die eens stil en vreedsame Noord-Kaapse dorpie van Griekwastad, wat nooit weer dieselfde sal wees nie sedert daardie Goeie Vrydag ‘n dekade terug toe ‘n tiener seun sy familie gru op hulle plaas vermoor het. 

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe 4x3
JacPod

Op Vrydag, 6 April 2012, is drie lede van die Steenkamp gesin brutaal vermoor op hulle plaas, Naauwhoek, 8 kilometer buite Griekwastad.

Die enigste oorblywende lid van die gesin – die 15-jarige Don Steenkamp – is die een wat polisie stasie toe gejaag en gaan skree het dat hulle hom moet help.

In die plaashuis, het die polisie afgekom op die lyke van die 44-jarige pa, Don, sy 43-jarige vrou, Christel en hulle 14-jarige dogter, Marthella.

Don Steenkamp sou later skuldig bevind word aan moord, verkragting en dwarsboming van die gereg.

Twee dae voor sy 18de verjaarsdag is hy gevonnis tot ‘n totaal van 76 jaar agter tralies.

Hy sal egter net 20 jaar tronkstraf uitdien, omdat hy die moorde as ‘n minderjarige gepleeg het. 

Deon, Christel en Marthella Steenkamp
ENCA

Foto: Deon, Christel en Marthella Steenkamp

Don Steenkamp
News24

Foto: Don Steenkamp in die hof

Don Steenkamp by die begrafnis
TimesLive

Foto: Don Steenkamp tussen twee oumas by die begranis

Don Steenkamp se themp
all4women

Foto: Don Steenkamp se T-hemp in die hof

Die moorde op die Steenkamps het ‘n reuse impak gehad op die klein gemeenskap van Griekwastad, waar inwoners gevoel het dié misdade het ‘n euwel tot binne-in hulle dorpie se gemeenskap gedryf.

Die ware misdadiger was die laaste persoon wat enige iemand ooit sou vermoed sulke gru dade sou kon pleeg.

JacarandaFM se Gerda de Sousa bied dié eksklusiewe Afrikaanse podgooi reeks aan op JacPod, oor opgeloste en onopgeloste misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

Foto: Jacaranda FM se Gerda de Sousa

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is n nuwe en oorspronklike reeks van ses episodes gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.

Podcaster Nicole Engelbrecht
Potgooier Nicole Engelbrecht (Foto: True Crime South Africa)

Foto: Nicole Engelbrecht

Luister na die vorige twee episodes.

Show's Stories