Willem Kruger se liggaam gevind bevestig spesialis ondersoeker
Updated | By Etienne Bruwer
Breakfast with Martin Bester het met spesialis ondersoeker Mike Bolhuis gesels na vermiste Willem Kruger se liggaam gevind is.
Willem Kruger (29) wat op die 13de November 2022 omstreeks 01:15 by 'n lodge tussen Morgenzon en Amersfoort vermis geraak het, nadat hy ‘n ram-partytjie bygewoon het, se liggaam is Dinsdag in die Vaalrivier gevind.
LEES: Willem Kruger se liggaam in Vaalriver gevind
Ondersoeker Sakkie Louwrens het die hartseer nuus aan Jacaranda FM News bevestig.
Volgens, spesialis ondersoeker Mike Bolhuis is Kruger se Toyota Hilux bakkie deur polisie duikers in die Vaalrivier gevind.
Die 29-jarige se selfoon en voertuig ‘tracker’ het getoon dat hy nog in die omgewing van die
lodge was.
Daar was reeds sterk vermoede dat Kruger by 'n laagwaterbrug afgery het en dat hy en sy bakkie in die rivier is.
LEES: Vermiste Willem Kruger vermoedelik "in rivier beland"
Volgens Netwerk 24 het 'n deskundige wat motorongelukke rekonstrueer Saterdag bevind dat die bakkie in die rivier ingery het.
Die bakkie sowel as die lyk van 'n man is Dinsdag deur polisieduikers gevind.
Sien die foto's hier:
Body of missing Willem Kruger found in his bakkie in a river. pic.twitter.com/q4hU0dIx8N
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) November 22, 2022
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Proof that children mirror what they see adults doing
This kid tries to drink water like a tequila shot...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 2 months ago -
If you fail your driver's exam, don't do what this man did
A man who failed his driver's exam decided to hire a 'body double' to at...
The Workzone with Alex Jay 1 year, 2 months ago